Leesplan inligting

Jesus se Laaste DaeVoorbeeld

Jesus se Laaste Dae

DAG 1 VAN 8

Die Intog in Jerusalem (Sondag, vyf dae voor die kruisiging)

Die sentrale gebeurtenis op Palmsondag (soos daar andersins ook na verwys word) is Jesus wat op ‘n donkie Jerusalem binnekom. Jesus word met vreugde en opwinding ontvang soos mens sou verwag van 'n koning wat seëvierend van die oorlogsveld terugkom. Jesus voorspel sy dood en besoek die tempel.

Intog in Jerusalem: Matteus 21:1-11, Markus 11:1-10, Luk 19:19-44, Johannes 12:12-19

Jesus voorspel sy dood: Johannes 12:20-26

Dit is vreemd om te dink dat hierdie selfde mense wat so luidrugtig uitgeroep het "Hosanna" (dit beteken '"red ons") ‘n paar dae later geskree het "kruisig hom!" Die rede hiervoor is nie altyd so voor die hand liggend nie. Hierdie mense het 'n sekere verwagting van Jesus gehad. Hulle het Hom ontvang as ‘n politieke verlosser wat hulle gehoop het juis sou kom om Israel te verlos van die Romeinse onderdrukking. Toe hierdie verwagting nie gebeur het soos hulle gedink het nie, het daardie teleurstelling verander in woede en veroordeling.

Het jy al teleurstelling beleef in jou wandel met die Here? Het mense van wie jy dit nooit sou verwag het nie, jou al teleurgestel? Het jy dalk al gevoel dat die Here jou teleurstel? Wel, Jesus het Jerusalem binne gekom om God die Vader se verlossingsplan te kom vervul, wat baie groter is as maar net 'n politieke verlossing. Die Here het 'n groter plan en groter prentjie as ons en juis daarom, wanneer ons dalk sou voel dat Hy ons teleurstel, moet en kan ons net vertrou dat Hy 'n groter plan en doel het.

Die Here stel nooit teleur nie. Ons verkeerde verwagting van Hom, of eerder ons verkeerde begrip van Hom, is soms die oorsaak van ons teleurstelling — nooit die Here nie!

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Jesus se Laaste Dae

Wat het gebeur gedurende Jesus se laaste dae op aarde? Hierdie agt dae leesplan neem jou op 'n geestelike reis deur die gebeure van Jesus se laaste dae. Ons begin met die Intog in Jesusalem (Palmsondag) en volg dan die g...

More

Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lewendewoordmidrand.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid