Leesplan inligting

Is God Besorg Oor Diskriminasie?Voorbeeld

Does God Care About Discrimination

DAG 1 VAN 3

'N WEDUWEE IN DIE KOLLIG



Ons hoef nie ver te soek om uit te vind wat die Skrif sê oor God se hart vir diegene waarteen daar gediskrimineer word nie. Dis wat my die meeste aangetrokke laat voel tot die God van die Bybel. Een van die gevoelens wat diegene ervaar wat aan enige soort mishandeling of diskriminasie onderworpe is, is dat hulle 'n geweldige gebrek aan eiewaarde het. Dit kortwiek hulle dikwels om vordering te maak in hulle lewe. Wanneer mense verwerping ervaar as gevolg van invloede wat hulle nie kan identifiseer of hanteer nie, raak hulle baie depressief. Diskriminasie is 'n dodelike siekte in die meeste gemeenskappe en dit laat baie mense ongeliefd voel en dink dat niemand omgee nie.



As die volk van God, moet ons versigtig wees om nie ou wonde oop te krap van mense wat van hulle Godgegewe waardigheid gestroop is nie. Ons moet eerder bereid wees om vir hulle om te gee en hul wonde te versorg en hul regte waarde vir hulle uit te lig. Dis bemoedigend om deur die Skrif te lees en te sien hoe God vir die nederiges, die onbeduidendes en die geringes omgee. Die dag daar by die tempel het Jesus kennis geneem van die arm weduwee wat alles gegee het wat sy gehad het. Hier was 'n arm vrou wat geen vooruitsigte vir die toekoms gehad het nie. In 'n kultuur wat op vroue neergesien het, is sy heel waarskynlik van alle menseregte tot waardigheid en welsyn ontsê, dinge waaraan ons deesdae gewoond is. Vir die res van die skare daardie dag, het die weduwee glad nie bestaan nie. Sy was onbeduidend, onwaardig en onbelangrik. Maar Jesus het haar opgemerk, nie net omdat sy alles gegee het wat sy gehad het nie, maar omdat Hy gekies het om haar te sien vir wie sy regtig was — 'n persoon wat eer waardig is, 'n kosbare skepping van God wat geïgnoreer is en vir wie niemand omgegee het nie. Jesus het haar daardie dag verhoog en haar in die kollig geplaas.



Die feit is dat alles wat Jesus gedoen het terwyl Hy op die aarde was, God se deernis en liefde beklemtoon het vir mense wat mishandel en uitgebuit is. Hy was woedend toe hy die handelaars in die tempel sien wat die armes en vreemdelinge uitgebuit het. Jesus het die tafels letterlik en figuurlik omgegooi van dié wat probeer het om die mense van hulle godgegewe waardigheid te ontneem. Hy het elke geleentheid gebruik om mense na hulle regmatige stand met God te herstel — as mense met innerlike waarde en menswaardigheid. Mag God ons almal bemagtig om deur sy oë na mense om ons te kyk. Mag die Woord van God ons elke dag reinig en die groot balk van diskriminerende en bevooroordeelde houdings uit ons harte verwyder. Mag God ons bemagtig om 'n genesende salf te wees in 'n wêreld wat aanhoudend probeer om diskriminerende praktyke en oortuigings te regverdig en van waarde te ag.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Does God Care About Discrimination

Hierdie leesplan hoop om God se hart vir die uitgeworpene, minderbevoorregte slagoffers van mishandeling en diskriminasie te beklemtoon. Hierdie studie hoop om mense uit te daag om nie diskriminasie as waardig te ag nie,...

More

Baie dankie aan "Power House" kerk wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek http://powerhousechurch.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid