Leesplan inligting

Tyd om te Staan!Voorbeeld

Tyd om te Staan!

DAG 2 VAN 5

Staan op aandag!

Habakuk 3:19: “Die Here my God gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van ‘n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop.”

Die meeste manne wat in die weermag was of is, sal die opskrif hier bo baie goed ken. Om op aandag te staan beteken dat jy ‘n vaste posisie inneem en dat jy gehoor gee aan ‘n opdrag. Jou liggaam trots en regop om te luister. Hierdie aksie word hardop geroep, jou aandag word letterlik vereis op wat volg.

In die konteks van Habakuk lees ons dat hy deur ‘n moeilike tyd gegaan het. Hy het baie gekla en vrae aan God gestel. Daar was goddeloosheid, plunder en ellende net mooi oral. Tog sluit hy die boek af deur lof aan die Here te bring. Hoe werk dit?

Ek wil graag glo dat Habakuk deur sy hele relaas, homself gehoor het en besef het dat sy lewensdeuntjie net ‘n kopseer gee! Om te kla en vas te kyk in omstandighede, onreg en allerlei slegte dinge, trek jou postuur in ‘n knop. Wie wil nou soos die “Hunchback of Notré Dame” lyk? Het jy geweet dat postuur gelees kan word? Statistiek het bewys dat verbale kommunikasie slegs uit 7% bestaan wyl die res van jou liggaamstaal bestaan uit 38% stemtoon en jou lyftaal ‘n “whopper” van 55% spreek!

Aandag! Trek jou ruggraat van jou stuitjie af boontoe en kyk gefokus vorentoe, nie om jou nie. Salueer die lewe ongeag hoe jy voel en moenie toelaat dat omstandighede en teleurstellings jou ‘n honderd “push ups” laat doen nie. Dit bring jou in elk geval nêrens nie. Gevoelens kan ook lekker jok en jou siel verward laat spiraal in ‘n tornado.

Gebed: Vader, wanneer ek sukkel met die realiteite van die lewe, verdwyn my fokus na die grond toe en sien ek net stof en klippe. Roep my op aandag deur u Gees. Ek salueer eerder boontoe as om in sak-en-as te bly sit.

Dink vir ‘n wyle aan moeilike tye wat jy al beleef het. As jy hier lees beteken dit jy het dit gemaak tot hier en vandag! Hoekom sal jy nie van hier af soos ‘n regop ribbok weer opstaan nie? Genade en asem word nuut gedeponeer in elke dag en elke uur.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Tyd om te Staan!

Soms kan mens verslaan voel omdat die lewe jou om elke hoek en draai verras — goed of sleg. Meestal is die verrassing 'n uitdaging en dan moet jy deurdruk. Maar jou wil en fokus ontbreek. Dis dan waar die tekkie die teer...

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid