Leesplan inligting

Tyd om te Staan!Voorbeeld

Tyd om te Staan!

DAG 1 VAN 5

Trap vas met jou toks!

Efesiërs 6:15 “… die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete …”

“… and having strapped on your feet the gospel of peace in preparation to face the enemy with firm footed stability and readiness …” (Amplified).

Johannes 14:27 “Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee is nie die vrede wat die wêreld gee nie.

Efesiërs 6 is bekend vir die verduideliking van God se wapenrusting en om dit aan te trek in die gees, net soos wat mens klere sal aantrek. Wat opvallend is, is die laaste gedeelte van vers 15, wat verwys na ons voete. In die Engelse Amplified vertaling lees dit ietwat anders : “… and having strapped on your feet the gospel of peace in preparation to face the enemy with firm footed stability and readiness …”

Ek dink dadelik aan die woorde “vastrap” en “stewig”. In die Romeinse tyd het die soldate stewels of skoene gedra met spykers onder die sole, amper soos rugby toks. Die rede daarvoor was om tydens oorlog goed te kan vastrap, vas te staan en vorentoe te beur teen hul vyande.

Die bedoeling egter in hierdie vers is om vas te staan om vrede te verkondig. Tokse wat nie agtertoe sal gly en ingee nie want vrede het ook ‘n ander naam — Jesus! Hy sê juis vir ons in Johannes 14:7 dat Hý vrede gee. Soveel keer probeer ons egter om self vrede te skep met gladde sole onder ons voete. Ons vergeet dat vrede ook ‘n werkwoord kan wees: jy moet dit gryp, bereid wees en die vyand oorweldig daarmee!

In ons alledaagse lewe word ons gekonfronteer deur legio uitdagings en voel mens nie altyd vredevol nie. Dit is ‘n intensionele besluit om vrede te kies en ander daarmee te bederf. Staan reg op jou rugbyveld van die lewe en skrum vorentoe! Moenie afkyk na die onkruid of modder nie, maar gryp vrede langs jou vas, selfs in jou letterlike asemhaling. Jesus sê Hy gee dit – verniet!

Gebed: Here, soms voel dit of vrede wegkruipertjie speel en ek elke keer uitmis. Ek besef U gee dit, ek hoef nie te soek nie. Ek kan net u naam noem en sê “Here, blaas vrede deur my hele wese”.

Al voel dit vir jou na ‘n abstrakte begrip, kies om die Woord te glo en Jesus se geskenk aan jou te aanvaar. Strooi dit orals waar jy gaan … dán sal jy werklik voel wat vrede aan jou siel doen. Laat jou voetafdruk duidelik sigbaar wees op die veld van die lewe.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Tyd om te Staan!

Soms kan mens verslaan voel omdat die lewe jou om elke hoek en draai verras — goed of sleg. Meestal is die verrassing 'n uitdaging en dan moet jy deurdruk. Maar jou wil en fokus ontbreek. Dis dan waar die tekkie die teer...

More

Ons wil graag Felicia Lategan bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://whitevapor.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid