Leesplan inligting

Vind ware geluk: Oordenkings met John PiperVoorbeeld

Finding Real Happiness: Devotions with John Piper

DAG 1 VAN 3

Toets jouself. Wat is jou ingesteldheid? Begin jy met God en sy regte en doelwitte? Of begin jy met jouself, jou regte en begeertes?



Wat gebeur wanneer jy na Christus se dood kyk? Gee dit regtig vir jou vreugde wanneer jy hierdie ontsaglike, goddelike werk verstaan en dit jou selfbeeld 'n hupstoot gee? Of word jy met verwondering, eerbied en aanbidding gevul wanneer jy daaraan dink dat daar in die dood van Jesus die diepste, duidelikste verklaring is van die ewige agting vir God se eer en sy Seun?



Op hierdie stewige fondament is ons versekering van hoop gevestig: die vergifnis van sonde is uiteindelik gegrondves, nie deur my nietige werke nie, maar deur die oneindige waarde van God se geregtigheid. Deur God se onwrikbare trou bevestig Hy dat sy Naam al die eer kry.



Ek doen met my hele hart 'n beroep op jou om hiervoor standpunt in te neem. Bou jou lewe hierop. Vestig jou hoop hierop. Dan sal jy verlos wees van die vrugtelose denkrigtings van die wêreld en nie struikel nie.



Jou vreugde is te vinde in die feit dat God homself in Christus verhoog.



"Did Christ Die for Us or for God?"


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Finding Real Happiness: Devotions with John Piper

God dink baie van ons. Sy oogpunt is dat ons minder op onsself ingestel sal wees sodat ons sy grootheid kan geniet. In hierdie drie-dag leesplan, dwing John Piper die lesers om verby Jesus se dade van liefde te kyk om so...

More

We would like to thank John Piper and Desiring God for providing this plan. For more information, please visit: www.desiringgod.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid