Leesplan inligting

Die Man aan die Kruis in die Middel: 'n 7-dag Paasfees leesplanVoorbeeld

The Man on the Middle Cross: A 7-Day Easter Reading Plan

DAG 6 VAN 7

UIT DIE SKADUWEES

“Daar was 'n man met die naam van Josef, van die Joodse dorp Arimathea. Hy was 'n lid van die raad, 'n goeie en regverdige man, wat nie tot hul besluit en optrede ingestem het nie; en hy het die koninkryk van God gesoek. Hierdie man het na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gevra” Lukas 23:50-52.

Jesus se begrafnis was om twee hoofredes geensins 'n uitgemaakte saak nie. Eerstens was die kruisiging van misdadigers dikwels nie die einde van hul vernedering nie; hulle is dikwels uitgesluit van die eer van 'n behoorlike begrafnis. Tweedens, die vrystelling van 'n lyk het uitsluitlik afgehang van 'n familielid of vriend wat toestemming gevra het om die liggaam te begrawe — en wie het oorgebly om Jesus te begrawe? Die dissipels het gevlug, die skare het uiteengegaan, en die vroue was onvoorbereid om so 'n versoek te rig.


In hierdie oomblik van die geskiedenis kom 'n individu skielik en stil na vore — 'n individu wat "'n dissipel van Jesus was, maar in die geheim, uit vrees vir die Jode" (Johannes 19:38).


Vrees het Josef van Arimatea tot op hierdie punt stilgemaak. Jesus se lewe en lering het hom aangetrek en tot reddende geloof gebring, maar sy geloof het geheim gebly. Hy het in die geheim met sy geestelike besigheid omgegaan — dit wil sê totdat die kruis hom in die openbaar uitgebring het. Nadat hy dus te lank in die skaduwees geskuil het, het Josef “na Pilatus gegaan en die liggaam van Jesus gevra.”


Die evangelie vertelling beskryf Josef se versigtige hantering van Jesus se liggaam toe hy dit van die kruis “afgehaal” het, “dit in 'n linnekleed toegedraai het en Hom in 'n graf wat in klip uitgekap was neergelê het, waar niemand nog ooit neergelê was nie” (Lukas 23:53). Ons lees eweneens van Nikodemus, “wat vroeër in die nag na Jesus gekom het … met ’n mengsel van mirre en aalwyne” om Josef te help met die begrafnisproses (Johannes 19:39).


Josef se kort en sonderlinge voorkoms is ook 'n duidelike herinnering aan ons van God se voorsienigheid wat te alle tye en op alle plekke aan die werk is. God het Josef vir hierdie einste oomblik voorberei. Josef was bang en geheimsinnig, maar God het hom ten goede gebruik, net soos Hy met ons doen. Josef het vermoedelik baie geleenthede gemis om vir sy Koning op te staan; hy het vermoedelik soveel keer stilgebly toe hy moes gepraat het. Tog was dit hierdie man vir wie God verseker het op hierdie dag teenwoordig sou wees vir hierdie belangrike taak. Josef het daartoe opgestaan en alles gewaag — sy status, reputasie en veiligheid — om Jesus te eer deur te verseker dat Hy ’n behoorlike begrafnis gehad het.


Jy mag dalk vind dat jy met Josef identifiseer: jy het as 'n geheime dissipel geleef, gelowig maar bang om enigiemand in jou omgewing of werkplek van jou geloof te laat weet. Indien wel, vra dan vandag vir die Here Jesus Christus om jou vrees te vergewe en jou, soos Josef, in die lig van die kruis in staat te stel om met vrymoedigheid vir Hom standpunt in te neem in die liefde van Christus. Jy het dalk oomblikke in die verlede gemis toe jy die kans gehad het om vir jou Koning te staan, maar God is altyd gereed om jou die taak te gee om sy Seun te eer, en jy hoef nie die volgende geleentheid te laat verbygaan nie.


  • Hoe roep God my om anders te dink?
  • Hoe herrangskik God my hart se geneenthede — waarvoor ek lief is? li>
  • Waartoe roep God my vandag terwyl ek deur my dag gaan?





Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

The Man on the Middle Cross: A 7-Day Easter Reading Plan

Byna almal stem saam dat hierdie wêreld gebroke is. Wat as daar egter 'n oplossing is? Hierdie 7-dag Paasfees leesplan begin met die unieke ervaring van die dief aan die kruis en oorweeg waarom die enigste werklike antwo...

More

Oordenkingsmateriaal is geneem uit "Truth For Life", 'n daaglikse oordenking deur Alistair Begg, uitgegee deur The Good Book Company, thegoodbook.com. Gebruik deur Truth For Life met toestemming. Kopiereg (C) 2022, The Good Book Company. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://tfl.org/365

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid