Leesplan inligting

Oorkom Vrees, Bekommernis en AngsVoorbeeld

Overcoming Fear, Worry, and Anxiety

DAG 1 VAN 7

Dag 1 (vandag): Jy is nie alleen nie


Vrees is ongelooflik kragtig, is dit nie? Dit kan jou geheue uitwis en jou hartkloppings gee. Trouens, dit kan jou lam laat.


Oor die volgende paar dae sal ons saam na ons vrese en angs kyk. Van die groot vernedering tot die knaende klein angstighede wat soos spookbeelde om ons gedagtes dans — angs en bekommernis kan oorweldigend wees. Jy is egter nie alleen nie.


Om die waarheid te sê, dit is presies wat die Bybel ons leer: “Geen versoeking wat meer is as wat 'n mens kan weerstaan, het julle oorval nie" (1 Korintiërs 10:13a). Die vrese wat ons in die gesig staar, is regtig nie so uniek nie; hierdie vers sê dat ons almal omtrent in dieselfde bootjie is. Alhoewel die fokus en intensiteit van ons vrese verskillend mag wees, moes elke persoon wat al ooit geleef het, daarteen worstel. Miskien lyk dit nie so uit jou perspektief nie, maar selfs diegene wat blyk die dapperste onder ons te wees, moes vrees oorkom.


In die komende dae sal ons kyk na gedeeltes uit die Skrif wat wys hoe God ons in ons vrese en angs ontmoet en aan ons die ware manier wys om dit te oorkom.


Dae 2 en 3: gaan ons twee verhale in die Bybel dek (die verhaal van Moses en die gelykenis van die talente) wat voorbeelde toon van Bybelse karakters wat, net soos ons steeds vandag, met vrees en angs gesukkel het.


Dag 4: Om ander te vrees


  • Johannes 12:42-43
  • 'n Kykie na hoe die Bybel ons help wanneer ons vind dat ons ander vrees omdat ons hul goedkeuring verlang (en waar ons WARE goedkeuring vandaan kom).

Dag 5: Moet dus nie bekommerd wees nie


  • Matteus 6:25-33
  • 'n Verkenning van hoe God in AL ons behoeftes voorsien en hoe geloof in sy goeie karakter ons kan help om minder te vrees.

Dag 6: Hy het ons eerste liefgehad


  • 1 JOHANNES 4:16-19
  • 'n Blik op die blywende aard van God — sy liefde. (En hoe 'n verhouding wat op liefde gebou is, alle vrees uitdryf).

**Alle Skrifgedeeltes word uit AFR83 (die amptelike weergawe in gebruik) aangehaal, tensy anders aangedui.**


Om vrees te oorkom, het ons iemand nodig wat sterker is as ons vrese. Jesus Christus is daardie iemand. Hy is die enigste een wat al ons gedagtes en vrese intiem ken. Hy is die enigste een wat ons kan verlos. Die Bybel leer ons dat een rede waarom Hy die hemel verlaat het en aarde toe gekom het, was om “hulle wat uit vrees ... hulle hele lewe lank in slawerny was, te bevry" (Hebreërs 2:15).


Hoekom begin jy nie jou reis deur hierdie oordenkings deur God te vra om jou te help om jou vertroue in Hom te stel nie? Hy is immers die enigste een wat ooit vrees en dood oorwin het, en Hy is die enigste een wat jou kan vernuwe. Hy verander die hart, en jy het geen idee hoe graag Hy jou wil bevry nie.


NADENKE


Vra God om jou te help om jou vertroue in Hom en in sy Seun, Jesus, dwarsdeur hierdie studie te plaas. Herken sy teenwoordigheid by jou op hierdie oomblik, en wees verseker dat jy nooit alleen is nie.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Overcoming Fear, Worry, and Anxiety

Vrees is ons reaksie op 'n gewaarwording van gevaar — die doel daarvan is om ons veilig te hou. Soms kan vrees egter ons beheer op maniere wat nie God se bedoeling was nie. Hierdie leesplan lei jou deur die Skrif, waar G...

More

Ons wil graag dankie sê aan Harvest House Uitgewers wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek asseblief https://www.harvesthousepublishers.com vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid