Jou Deurbraak Jaar: 5 Dae van Inspirasie om Jou Nuwe Jaar Mee Af Te SkopVoorbeeld

DAG 5 – DOOD VAN 'N DROOM
Melek Sert was vyf maande swanger toe sy hospitaal toe is met erge pyn en bloeding. Toe haar bloeding egter gestop het, is sy uit die hospitaal ontslaan en het sy teruggekeer huis toe. Die volgende dag het sy en haar man Hasan egter weer teruggekeer hospitaal toe met dieselfde simptome.
Sy is voortdurend gemonitor as gevolg van die risiko van 'n miskraam. Sy het toe voortydig geboorte gegee, maar haar dokter het haar ingelig dat haar baba doodgebore is. Hulle het haar 'n doodsertifikaat gegee en 'n klein gedenkdiens gehou by die Seyhan Staatshospitaal in Turkye.
Hasan het die baba na die Herekli Gemeenskapsbegraafplaas geneem om te begrawe. Terwyl Hasan na die begraafplaas ry, het hy gehoor hoe die baba begin huil het. Hy het die motor gestop en die sak oop gerits. Hy het sy baadjie uitgetrek, die baba daarin toegedraai, en die motor se verwarmer op sy warmste aangesit.
Die ambulans het opgedaag en die baba na die Adana Stad Navorsingshospitaal geneem waar hy in die intensiewe sorgeenheid behandel is. Die baba was in 'n kritieke toestand met 'n lae bloeddruk. Melek het egter gesien dat haar baba leef! Sy hande en voete het gevroetel, sy hart het geklop.
Die paartjie was in skok. Hulle baba seuntjie was voortydig gebore, maar lewend en nie dood nie. Hulle gemoed het van totale wanhoop na ongelooflike vreugde verander. Hulle kind leef en nou bid hulle dat hy gesond sal word: vir sy voortgesette groei en volkome gesondheid.
Lukas 15:24 sê: "Hierdie seun van my was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ek het hom teruggekry. Toe het hulle begin feesvier." In hierdie verhaal van die verlore seun, was hy nie regtig dood nie, maar dit het gevoel asof hy dood was omdat hy die huis verlaat het. Met sy terugkoms was die vader verheug dat sy "dooie" seun weer huis toe gekom het.
Hasan en Melek het gedink hulle pasgebore baba was dood, die vader het gedink sy verlore seun was dood en weg vir ewig. Ons kan die dood van 'n droom ervaar en dit kan so eg voel soos enige dood.
Wanneer ons hoop op, bid vir, en werk na 'n droom om 'n werklikheid te word en dit doen nie, is dit soos die dood. Ons ly aan skok, pyn en droefheid. Alles lyk verlore. Dit lyk asof ons lewe geen doel of betekenis meer het nie.
God het egter 'n manier om dinge te herstel wat verlore is, om dit wat dood is weer op te wek. Ons is dalk gereed om die droom te begrawe wanneer God inbeweeg op 'n manier wat onteenseglik is. Jou droom is nie dood nie – dit is spring lewendig.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die nuwe jaar kan jou deurbraak jaar wees. Jou deurbraak is aan die ander kant van die versperring wat jy verlede jaar moes oorkom het. Hierdie kan die jaar wees wat jy uiteindelik die deurbraak maak wat jy in jou lewe nodig gehad het. Die leesplan sal die bemoediging en inspirasie met jou deel wat jy nodig het om jou beste jaar ooit te hê.
More