Leesplan inligting

#KiesDieLeweVoorbeeld

#KiesDieLewe

DAG 4 VAN 4

“Moenie dat teleurstelling jou verblind nie – Leer by Christine Caine” Christine Caine is ’n wonderlike vrou wat ek absoluut bewonder. Sy en haar man is die leiers van The A21 Campaign wat wêreldwyd funksioneer en mense- en slawehandel (“human trafficking”) beveg. Sy is ’n bekende spreker en tree wêreldwyd op by groot konferensies. Dis ’n belewenis om na haar te luister. Christine het in haar lewe baie teleurstellings ervaar. Op 33 het sy uitgevind dat sy aangeneem is en was “unnamed” by geboorte. Daar is die teleurstellings van molestering en misbruik. Daar is teleurstellings in haar stryd teen mensehandel met meisies wat doodgaan en erg mishandel word. Sy skryf hierdie waarheid oor teleurstellings: “Disappointment is a sad and terribly lonely place. We all land there at some point in our life.” Dis in sulke tye wat ons die Here peper met ons hoekoms en ons waaroms. Ons loop ons vas in die muur van nie-verstaan. Jy kan dalk soos Job voel dat God totaal en al afwesig is. Jy soek Hom, maar kry niks. Wat ons by Christine kan leer, is dat sy ontdek het ons gaan nie altyd antwoorde op al ons vrae kry nie. Ons moet in sulke tye vashou aan God se waarheid en Woord, sy beloftes wat ook in ons moeilike tye van teleurstelling geld. Dalk het jy net nodig om te hoor dat God jou onvoorwaardelik liefhet. Dalk moet jy hoor dat Hy jou dra in swaar tye en naby jou is al ervaar jy teleurstelling. Weet dit en vind jou rus en vrede by Hom. GEBED: Here, dankie dat U naby my is in my tye van swaar en seer. Dankie dat U my vashou terwyl ek teleurstelling ervaar. Dankie dat ek by U kan rus vind. Hierdie oordenking is geneem uit #KIESDIELEWE deur Johan Smith © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

#KiesDieLewe

Kies jy elke dag om op te staan en waarlik te lééf? Johan Smith help jou in hierdie 4-dag-plan om positief te bly en die lewe met albei hande aan te gryp, ten spyte van uitdagings en donker tye in jou lewe. Want jou God ...

More

Ons wil graag Johan Smith © Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid