Leesplan inligting

Infinitum Gesin Advent, Week 3Voorbeeld

Infinitum Family Advent, Week 3

DAG 3 VAN 5

Jesus se liefde word aan almal gebied: geen verskil tussen ou mense of babas, jou buurman of die meisie wat oorsee woon, ouens of meisies, slim of gewild of sportief nie ... die Bybel sê: "Christus is in [ons]." Tog is daar baie maniere waarop die wêreld ons leer dat mense van ons verskil. Soms is dit ook aanloklik om te glo dat sekere soorte mense Jesus se liefde (of ons s'n) meer verdien. Ons is egter almal God se kinders en Jesus wys vir ons hoe mooi dit kan wees as ons kies om mekaar as familie eerder as vreemdelinge te sien.


Vreugde is een van die dinge wat jy kan verwag om te ervaar wanneer jy kies om ander te sien soos Jesus doen (sien hulle soos familie, dit maak nie saak hoe anders hulle van ons is nie). Wat daarvan om mense op so ‘n manier te sien, kan vir ons vreugde bring?


Om egter 'n goeie suster/broer te probeer wees vir iemand wat baie anders as jy is, kan moeilik wees! Waarom dink jy wil Jesus dan hê dat ons almal as familie moet beskou?


Het jy al ooit 'n werk gekry wat jou belangrik laat voel het? Jy het waarskynlik daardie werk ernstig opgeneem. Jy het dit dalk selfs jou heel beste poging gegee. Dit het miskien nie perfek uitgekom nie, maar as ons ons bes probeer met iets, voel ons goed oor onsself — trots op onsself.


Hierdie idee wat Jesus het ... om aan mekaar te dink as familie ... is 'n soort idee wat die wêreld kan verander. Dit beteken dit is 'n belangrike werk vir iemand om te doen. Hy nooi óns uit om diegene te wees om dit te doen. Wanneer ons dit ons beste gee — selfs wanneer dit moeilik is en nie perfek uitwerk nie — het ons die kans om trots op onsself te wees en die wêreld te verander. Om die wêreld 'n bietjie meer soos die hemel op aarde te maak.


Kan jy jou voorstel hoe om mense as familie te sien, jou deel van die wêreld 'n bietjie mooier kan maak?


Kan jy jou voorstel hoe om mense as familie te sien, vir JOU vreugde kan bring?


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Infinitum Family Advent, Week 3

Ons is gevul met afwagting terwyl ons hierdie feestydperk nader met die doel om meer bewus te word van God se hart. Sluit by ons aan vir vier weke terwyl ons: Skoonheid Aanskou, Hindernisse Breek, Plek Maak en Verras Wor...

More

Ons wil Infinitum bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://infinitumlife.com/2022advent

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid