Leesplan inligting

Die God Wat HerstelVoorbeeld

Die God Wat Herstel

DAG 7 VAN 29




Die Koms van die Seun van die Mens

Lees: Lukas 21:25–36

SOAP: Lukas 21:27–28

"En dan sal hulle die Seun van die mens met groot krag en majesteit op 'n wolk sien kom. As hierdie dinge begin gebeur, staan dan regop en lig julle kop op, want dan is julle verlossing naby."

Oordenking

Voor sy dood het Jesus gepraat van sy wederkoms. Hy het sy volgelinge ingelig dat, al sou Hy hierdie aarde ‘n ruk lank verlaat, Hy met krag en groot heerlikheid sou terugkeer. Hy het sommige van die tekens wat voor sy terugkeer sou gebeur, verduidelik en sy mense daarop attent gemaak sodat hulle sy koms te wagte kan wees.

Tydens Kerstyd fokus ons op die geboorte van Christus, wat sy eerste koms was. Hy het gekom en ons van sonde en dood verlos. Advent herinner ons egter, jaar na jaar, dat ons steeds in gebrokenheid leef en smag na sy wederkoms. Dit is hierdie verlange waaraan ons gedurende Advent dink terwyl ons uitsien na sy terugkeer.

Die dag van ons verlossing kom nader. Advent is die tydperk waartydens ons bewustelik wag terwyl ons ons lewens, ons harte en ons skedules na ‘n laer rat oorskakel en ons herinstel en onthou waarop ons eintlik wag. Die wêreld sê ons moet partytjies bywoon, geskenke koop, al die vermaaklikhede van die seisoen meemaak, en al die onooglike truie dra. Wat Jesus vir ons sê, is om waaksaam te wees, tyd in te ruim vir gebed en gereed te wees!

Jesus het vir sy dissipels gesê dat hulle hul nie so deur die bekommernisse van die lewe moet laat onderkry dat sy wederkoms hulle onkant betrap nie. Ons moet eerder altyd ons oë en harte op Hom gerig hou en waaksaam en gereed bly vir sy wederkoms. Ons moet baie doelgerig leef, soos ‘n lig in ons donker wêreld. Dit kan beteken om “nee” te sê vir ‘n paar partytjies, aktiwiteite of geskenke. Dit kan beteken dat ons ons verwagtinge laat vaar en ons aan God se wil onderwerp. Dit kan beteken om vroeg op te staan en alleentyd saam met Jesus deur te bring en Hom ons verlangende harte met sy liefde en lewe te laat vul. Wat dit ook al mag wees, kan ons seker wees dat dit die moeite werd is. Mag ons met verwagting en getrou lewe, altyd voorbereid op sy terugkeer.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Die God Wat Herstel

Met Kersfees vier ons Christus se eerste koms, terwyl ons wag en uitsien na sy wederkoms. Ons dink aan die gebrokenheid van ons wêreld en hoe Hy herstel en heelheid gaan bring wanneer Hy kom. Ons loof Christus met vreugd...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid