Leesplan inligting

Die God Wat HerstelVoorbeeld

Die God Wat Herstel

DAG 11 VAN 29




Vertrou op Sy Getrouheid

Lees: Psalm 13

SOAP: Psalm 13:6

"Ek hou vas aan u troue liefde,

oor die uitkoms wat U gee, juig my hart.

Ek wil sing tot eer van die Here,

omdat Hy aan my goed gedoen het."

Oordenking

Dawid, die skrywer van Psalm 13, het sy pyn gedeel. Soos Habakuk het hy nie weggeskram van sy diep gevoelens wanneer hy met God gepraat het nie. Hy het gevoel dat God hom geïgnoreer het, asof God geweier het om na sy gebede en hulpkrete te luister. Hy het gevoel asof God hom alleen gelaat het om bekommerd te wees en te ly, terwyl sy vyande oor hom gejuig het. Hy het na God geroep en gesmeek dat God na hom moet kyk en hom antwoord.

Hierdie eerlike gebed wys vir ons die kwaliteit van Dawid se geloof. Hy het hom in sy pyn na God gekeer, 'n antwoord verwag en God se getrouheid onthou. Dawid het daarna gesmag om die Here se verlossing te sien, en hy het belowe om te juig en Hom te loof wanneer hy herstel is.

Wat staar jy hierdie tydperk in die gesig? Voel jy dat God jou verwaarloos, geïgnoreer of oorslaan? Is jy in 'n tydperk van jubeling en loof jy God vir sy getrouheid? Of dalk ervaar jy beide. Jy voel verlies en pyn, maar jy kan ook God se voorsiening, wysheid, beskerming en sorg herken.

Advent is 'n tydperk van onthou en verwagting. Ons onthou die beloftes van God: Hy het belowe om 'n verlosser te stuur om sy volk van sonde en dood te red, en Hy het belowe om terug te keer om die wêreld te herstel en as Koning te regeer. Ons verwag dat God sy beloftes sal nakom: Hy was getrou in die verlede en het sy belofte vervul om 'n Messias te stuur, en Hy sal getrou wees in die toekoms wanneer Jesus terugkeer.

Ons God is getrou. Niks is by Hom onopgemerk nie. Dit maak nie saak watter pyn ons voel, of die lof wat ons verkondig nie, Hy is altyd by ons. Toe God se volk op die Messias gewag het, was God vierhonderd jaar lank stil. Die mense het gevoel hulle is deur God geïgnoreer, selfs vergete. Maar Hy was besig om sy volmaakte plan uit te werk in sy volmaakte tydsberekening. Hy ignoreer jou nie. Hy weerhou Homself nie van jou nie. Hy werk op maniere wat jy nie kan sien of verstaan nie, selfs nou, in jou situasie. En meer as dit, Hy werk op ongelooflike, onsigbare maniere om sy doel te bereik vir die volmaakte oomblik wanneer Jesus Christus sal terugkeer. Ons kan op Hom vertrou!

Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Die God Wat Herstel

Met Kersfees vier ons Christus se eerste koms, terwyl ons wag en uitsien na sy wederkoms. Ons dink aan die gebrokenheid van ons wêreld en hoe Hy herstel en heelheid gaan bring wanneer Hy kom. Ons loof Christus met vreugd...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid