Leesplan inligting

Die God Wat HerstelVoorbeeld

Die God Wat Herstel

DAG 13 VAN 29




Die Here Kom Weer

Lees: Jesaja 40:1–11

SOAP: Jesaja 40:10–11

"Die Here God kom, Hy is die Magtige, Hy regeer. Hy bring die volk saam wat Hy Syne gemaak het, dié wat aan Hom behoort, is by Hom. Soos ‘n herder versorg Hy sy kudde: die lammers maak Hy bymekaar in sy arms en Hy dra hulle teen sy bors, Hy sorg vir die lammerooie."

Oordenking

Hierdie week het ons tyd afgestaan om te besin oor die gebrokenheid van die wêreld. Deur dit te doen, is ons oë oopgemaak om ons behoefte aan God te sien. Dit het ons gehelp om sy getrouheid in die verlede te onthou en met verwagting uit te sien na wat Hy in die toekoms gaan doen. Jesaja 40 vertel ons hoe ons Here se wederkoms sal wees.

Hy kom as 'n triomferende vegter, wat sy krag wys en sy koninkryk vestig. Hy kom met groot verwagting, met sy volgelinge wat sy koms aankondig. Sy terugkeer is 'n troos vir sy volk, wat vrede en geregtigheid onder sy heerskappy inlui. Hy veg vir sy volk, vernietig die goddeloses en beloon dié wat regverdig is.

Ons groot God, ons almagtige Koning, sal terugkeer. Wanneer Hy dit doen, sal Hy sy krag en majesteit aan die wêreld bekend maak. Hy sal oordeel bring oor die wêreld van sonde, en Hy sal ook sy volk vertroos en hulle by Hom herstel nadat hulle berou getoon het. Jesaja herinner ons daaraan dat ons soos die blomme en die gras is wat verwelk en verdor, maar sy Woord is vir ewig betroubaar. Wat Hy belowe is onveranderlik, net soos Hyself.

Hy is nie net 'n magtige vegter nie, maar Hy is ook 'n goeie herder. Soos 'n herder sy skape ken, ken ons God ons intiem. Hy sien ons pyn, ken ons stryd en weerhou ons van skade. Hy dra ons in sy arms. Hy gee innig baie om vir elkeen van sy mense. Hy ken sy kudde, sorg vir sy lammers en dra hulle saam.

Advent is 'n tyd om spoed te verminder, om "nee" te sê vir wat die wêreld sê hierdie tydperk moet wees. Advent is 'n tyd om ons Koning wat sal kom, ons Goeie Herder, ons Verlosser en ons Heiland te onthou. Mag ons hierdie tydperk sy koms met ons woorde en ons lewens verkondig.

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Die God Wat Herstel

Met Kersfees vier ons Christus se eerste koms, terwyl ons wag en uitsien na sy wederkoms. Ons dink aan die gebrokenheid van ons wêreld en hoe Hy herstel en heelheid gaan bring wanneer Hy kom. Ons loof Christus met vreugd...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid