Leesplan inligting

Wanneer My Pad Nie Gelyk Is Nie ...Voorbeeld

Wanneer My Pad Nie Gelyk Is Nie ...

DAG 1 VAN 7

Jy’s één mens!

“Vroue dink skuldgevoelens is deel van die verpligtinge in hul posbeskrywings.” Ja, ons is nogal goed daarmee om baie dikwels met onnodige skuldgevoelens rond te loop. Daarom dink ek ons moet mekaar maar deurentyd help om sagter op onsself te wees; veral wanneer ons skuldig voel oor dinge buite ons beheer of oormatig verantwoordelik vir almal se heil voel! Onnodige en aanhoudende skuldgevoelens maak van ons gespanne, angstige en ongelukkige mense. Onthou sommer net weer vandag:

• Jy is ’n vrou. Iemand wat heel waarskynlik op verskillende maniere ander mense se lewens bymekaar moet hou en dit ook goed regkry. Tog bly jy één mens. Jy kan net doen wat moontlik is en waartoe jy menslikerwys in staat is.

• God stel ons in staat om te gee, maar gee het ook grense. Jy hoef nooit verder as jou grense te gaan om ander te help nie.

• Ons aanbid ’n God wat wil hê ons moet lig leef. Moenie toelaat dat ander mense onnodige bagasie op jou gemoed laai en jou rug krom maak nie.

As jy besef dat jy gebukkend loop onder onnodige skulddra-dinge, vra dan die Gees om aan jou die onderskeidingsvermoë en wysheid te gee om anders daarna te kyk en dit voor Hom neer te sit. Hy wil immers hê dat jy sag op jouself sal wees.

Vandag kies ek om skuldvry – lig – te lééf, Here!

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wanneer My Pad Nie Gelyk Is Nie ...

Ons stoei so dikwels met so baie dinge: bekommernis, angstigheid, ontsteltenis, vrees … Maar wanneer ons dink aan Jesus se intense menslike vrees kan dit vir ons soveel gerusstelling gee in die wete dat Hy self ook “daar...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid