Leesplan inligting

Seisoene Van Die HuwelikVoorbeeld

Seisoene Van Die Huwelik

DAG 2 VAN 5

VEG TEEN DIE WINTER

Sê vir my hoe jy op die oomblik oor jou huweliksmaat voel en hoe jy teenoor hom of haar optree en ek sal vir jou sê in watter seisoen jou huwelik is. Ons gaan vandag op die winterhuwelik fokus.

Watter emosies word in die winter ervaar? Seerkry, woede, teleurstelling, eensaamheid en verwerping. Watter gesindhede heers gedurende ’n winterhuwelik? Negatiwiteit. Jy hoor dalk opmerkings soos: “Ek voel so mismoedig in my huwelik.” “Dit is net ’n frustrasie.” “Ek is nie seker of ons dinge gaan kan uitwerk nie.”

Watter optrede kenmerk ’n winterhuwelik? Om kortaf of glad nie met mekaar te praat nie en dalk is daar selfs afbrekende of gewelddadige optrede. In die winterseisoen van die huwelik is huweliksmaats nie geneë om aan hulle verskille te werk nie. Gesprekke verander in argumente. Daar is nie meer ’n gevoel van eensgesindheid nie. Die huwelik is soos twee mense wat in aparte iglo’s bly.

Die goeie nuus is dat paartjies in ’n winterhuwelik dikwels desperaat genoeg raak om ’n einde aan hierdie ongelukkigheid te maak en hulp by ’n berader of leraar gaan soek. Spreuke verwys na goeie raad van iemand as iets wat so heerlik soos parfuum is. Goeie raad is baie kosbaar en die perspektief van iemand buite die huwelik is gewoonlik noodsaaklik vir mense wat werklik wil verander. Dié wat werklik hulp wil hê, sal dit soek.

Vader, wanneer ons verhouding in die moeilikheid is en met verwerping en ontmoediging gevul is, help ons asseblief om ’n wyse raadgewer te vind. Gee ons die genade en energie om te werk aan die liefde tussen ons.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Seisoene Van Die Huwelik

Die seisoene kom en gaan: winter, lente, somer, herfs. Die seisoene van die huwelik werk ook op dié manier. Verhoudings is nie staties nie, maar in ’n konstante staat van verandering en voortdurend aan die beweeg van een...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid