Leesplan inligting

Seisoene Van Die HuwelikVoorbeeld

Seisoene Van Die Huwelik

DAG 1 VAN 5

SEISOENE VAN DIE HUWELIK

Ons lees in die Bybel dat God al die grense op die aarde geskep het, soos byvoorbeeld die aarde se pad om die son wat seisoensveranderinge meebring. Die seisoene kom en gaan: winter, lente, somer, herfs. Die seisoene van die huwelik werk ook op dié manier. Verhoudings is nie staties nie, maar in ’n konstante staat van verandering en voortdurend aan die beweeg van een seisoen na ’n ander. Die seisoene van die huwelik volg egter nie die volgorde van die natuur nie. Julle beleef vandag dalk ’n lentetyd in julle huwelik, maar volgende maand bevind julle julle in die winter. Hoe lyk die seisoene van die huwelik?

Soms bevind ons ons in die winter — ontmoedig, ontevrede en ver van mekaar af. Ander kere ervaar ons weer lentetyd gevul met optimisme en hoop. Ander kere geniet ons weer die warmte van die somer —gemaklik, ontspanne en vol vreugde. Dan breek die herfs aan en bring daarmee saam onsekerheid, vrese en ’n gevoel dat ons afgeskeep word. Hierdie siklus word verskeie kere deur die loop van die huwelik herhaal, net soos die seisoene in die natuur oor en oor herhaal word.

Ons gaan die volgende paar dae kyk na hierdie herhalende seisoene in die huwelik. Jy gaan ook ontdek in watter seisoen jou huwelik is. Ek sal ook voorstelle gee hoe julle die beste uit elke seisoen in julle huwelik kan haal. Julle is nooit “vas” in ’n sekere seisoen nie; julle kan positiewe veranderinge teweeg bring.

Here, U het verskillende seisoene hier op aarde geskep en daar is ook in ons lewens wisselende seisoene. Ek weet egter U het ons nie geskep om in koue winterverhoudings te wees nie. Help ons as ’n paartjie om die hoop en optimisme wat ons vir ons verhouding het, te vernuwe.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Seisoene Van Die Huwelik

Die seisoene kom en gaan: winter, lente, somer, herfs. Die seisoene van die huwelik werk ook op dié manier. Verhoudings is nie staties nie, maar in ’n konstante staat van verandering en voortdurend aan die beweeg van een...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid