Woorde Vir 'n Manier Van LeweVoorbeeld

Dawid word bewus van dinge wat verkeerd gaan in hom en hy vra die Here om hom te help. Hy sê dat God binne-in hom werk en dat dit ook ʼn plek is waar hy Hom ontdek. Dis ʼn manier waarop Hy na my toe kom en in my gedagtes. Ek wil jou vra of jy al gewroeg het met ʼn saak, die aand gaan slaap het en die volgende oggend opgestaan het met die antwoord. Dis die soort ervaring wat dikwels beskryf word as verligting. Dis ʼn verligting van jou verstand. Dis ʼn woord wat na jou toe kom. Dis kennis wat na jou toe kom, ʼn idee, uit die bloute uit, wat die antwoord is vir die probleem waarmee jy nou te doen kry.
Wanneer jy op hierdie manier met die algemene openbaring van God in die lewe omgaan — deur die skepping, die besondere openbaring van God deur Christus, waarvan die Skrif die primêre bron is wat vir ons die inligting gee, en die persoonlike openbaring van God, deur die werk van die Gees in jou — bevind jy jouself in ʼn ander wêreld en bevorder jy ʼn bewussyn van bewondering.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Mooi woorde is soos heuning; dit is goed vir die gees en bevorderlik vir die lewe. Spr. 26:24 DB. Die kwaliteit van ons lewe is afhankllik van die woorde wat ons spreek. Wanneer ons die krag van woorde verstaan, en besef dat ons kan kies wat ons dink en praat, kan ons lewens getransformeer word. God gebruik die woorde wat ons spreek om ons te vorm en lewe te bring.
More
Ons wil graag vir Mosaiek bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.mosaiek.com/
Verwante Leesplanne

DIE WAGKAMER

God wat Wondere Doen: Niks is vir God Onmoontlik nie

Oorkom die Strik van Selfbejammering

’n Sterk Man is Wys

Onderskei en Oorkom Alledaagse Versoekings

Anderkant die Duisternis

Daaglikse Bemoediging vir Vroue

Een lewe: 'n Studie van integriteit in Hebreërs

Stormsterk geloof
