Leesplan inligting

Kies Om Dankbaar Te WeesVoorbeeld

Kies Om Dankbaar Te Wees

DAG 1 VAN 7

'n Gesindheid van dankbaarheid

In Boedapest het ‘n man na ‘n rabbi toe gegaan en gekla dat die lewe ondraaglik is. “Daar is nege van ons wat saam in ‘n kamer bly. Wat kan ons doen?" Die rabbi sê toe: “Kry ‘n bok en laat die bok saam met julle bly. Kom dan na ‘n week terug.” Die man het dit nie verstaan nie, maar gedoen wat die rabbi gesê het. Na ‘n week kom hy terug en sê: “Ons kan dit nie uithou nie. Die bok is vuil en stink.” Die rabbi sê toe: “Gaan huis toe en laat die bok uit en kom dan oor ‘n week terug.” ‘n Week later kom die man stralend terug en sê: "Ag, die lewe is wonderlik vandat die bok uit is en dit net die nege van ons is!”

Om ‘n gesindheid van dankbaarheid te hê, was op die ou end die sleutel.

In die boek Genesis lees ons dat Josef meer as sy kwota dankbaarheid geopenbaar het. Hy het meer as genoeg rede gehad om ondankbaar te wees. Jy onthou sy storie: Gegooi in ‘n put deur sy broers, verkoop as ‘n slaaf, valslik beskuldig, in die tronk gegooi en vervreem van sy familie. As enige iemand rede gehad het om woede te laat broei in sy/haar hart en om bitterheid te laat sweer, dan was dit Josef. Tog kry ons geen spoor van bitterheid in sy storie nie, hoe hard ons ook al daarvoor soek. Ons ontdek wel hoe hy twee maal sy dankbaarheid op 'n dramatiese wyse uitdruk.

Hoe druk Josef sy dankbaarheid uit? ‘n Leidraad: Gaan kyk in Genesis 41:51 en 52 na die name wat hy vir sy twee seuns gee. Ons kyk in die volgende oordenking daarna.

Gebed: "Here, wanneer dit soms swaar gaan met my, is dit moeilik vir my om dankbaar te bly. Help my om die 'tipe' geloof te hê wat my, ten spyte van my omstandighede, ‘n dankgebed soos dié van Habakuk laat bid: 'Al sou die vyeboom nie bot nie en die wingerde geen oes lewer nie, nogtans sal ek juig in God, my Redder.' Amen."

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Kies Om Dankbaar Te Wees

Dankbaarheid is 'n keuse. Ons kan nie wag tot alles in ons perfek is voor ons besluit om dankbaar te wees nie. Daardeur misken ons nie die slegte dinge en lyding in die lewe nie, maar ons kies om die lig van dankbaarhei...

More

Ons wil graag NHKA bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://witfontein.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid