Sewe Vrae Wat In Die Gedagtes Van Meeste Mans MaalVoorbeeld

Ons het ons ideale toekoms as 70-jarige in gedagte: Ek wil gesond genoeg wees om gholf te speel. Ons het ook bepaal watter stappe nodig is om dit te bereik — om fisioterapie vir my kniepyn te voltooi. Ons is dus almal gereed, nè? Kom ons byt op ons tande en begin.
Nie so haastig nie.
Daar is 'n hindernis in ons pad wat ons nie sommer net met wilskrag en deursettingsvermoë kan oorkom nie: sonde. Dit is aantreklik, verleidelik, aangenaam, bedrieglik en dodelik. Niemand word gespaar nie.
Sonde is in honderde versoekings weggesteek, maar ons gaan een aanspreek wat bykans algemeen is.
Ons vraag vir vandag is: Wat van vrouens?
Om die korttermynbegeertes van sonde te vervul, ondermyn jou vermoë om jou langtermynbegeertes te vervul. Jy kan nie daardie buurvrou, lugwaardin of kollega hê én die soort huwelik wat jy in jou goue jare wil hê nie.
Ons reaksie op die versoeking om te sondig is tipies 'n refrein: "Moenie kyk nie. Moenie begeer nie. Moenie eet nie. Moenie drink nie." Ons is meer gedetermineerd om 'n beter man te wees. Tog werk dit nooit nie, nè? Vandag se Skriflesing in Romeine herinner ons hoekom nie: Dit maak nie saak hoe graag ons wil verbeter nie, die kwade — sonde — is aan die werk in ons.
Gelukkig, soos ons in Galasiërs lees, kan ons sonde ontvlug deur 'n enkele woord in ons woordeskat te verander. Moet nooit "Moenie!" sê nie. Sê: "Help!" Die enigste manier om sonde te beheer, is deur die krag van die Heilige Gees. Al wat jy moet doen is om te vra.
PROBEER DIT VANDAG DOEN
As jy deur sonde versoek word, vervang die woord "Moenie" met die woord "Help." "Heilige Gees, help my om weg te kyk en herinner my dat my uiteindelike doel 'n gelukkige verhouding met my vrou is."
Aangaande hierdie leesplan

Moet jy die volgende hê om 'n ware man te wees: 'n perfekte gesin, 'n hoekkantoor, 'n luukse motor en 'n massiewe huis? Of is daar iets meer aan hierdie lewe? Hierdie 7-dag leesplan van John Woodall sal al die vrae aanraak wat jy nog altyd met 'n betroubare vriend wou bespreek en vir jou God se reaksie op die vrae gee.
More