Sewe Vrae Wat In Die Gedagtes Van Meeste Mans MaalVoorbeeld

7 Questions That Rattle In The Minds Of Most Men

DAG 3 VAN 7

Het jou hoërskooljaarboek ook erkenning aan studente gegee wat die beste presteer het — vir onbenullige dinge soos: "mees waarskynlik om suksesvol te wees" of "mees atleties?" Dit word gewoonlik taamlik lukraak deur 'n klasstem bepaal. Wat toe waar was, is nou ook waar: Dit voel goed om 'n talent te hê wat ander erken.

Jou klasmaats is dalk nie die mees betroubare groep om jou sterkpunte en talente te erken nie, maar jou hemelse Vader is.

Vandag se vraag is: Wie is ek?

Om tyd te gebruik om jou sterkpunte en talente te identifiseer, maak dit nie net makliker om geleenthede te herken en dan te gebruik nie, maar sal jou ook van afguns bevry. God het jou nie gemaak om jou maat te wees wat beter met redevoering is as wat jy is nie, of om jou fietsrymaat te wees wat altyd 'n beter tyd as jy opstel nie. Hy het jou uniek gemaak en talente gegee vir die werk wat Hy vir jou in gedagte het.

Hier is 'n raamwerk om jou te help om jou unieke self te identifiseer.

  • Motivering: Wat maak jou opgewonde? Wat motiveer jou?
  • Ervarings: Watter ervarings maak jou uniek tussen ander mans?
  • Spiritualiteit: Hoe maak jy die beste kontak met God?
  • Impak: Op watter platform voel jy die meeste genoodsaak om 'n impak te maak?
  • Talente: Wat doen jy graag herhaaldelik en suksesvol?
  • Natuur: Watter tipe persoonlikheid het jy? Ekstrovert, introvert, georganiseerd, spontaan?

PROBEER DIT VANDAG DOEN

Skryf jou antwoorde op elk van die vrae hierbo neer. Bid dat God hierdie week geleenthede oor jou pad sal stuur om hierdie talente vir Hom te kan gebruik.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

7 Questions That Rattle In The Minds Of Most Men

Moet jy die volgende hê om 'n ware man te wees: 'n perfekte gesin, 'n hoekkantoor, 'n luukse motor en 'n massiewe huis? Of is daar iets meer aan hierdie lewe? Hierdie 7-dag leesplan van John Woodall sal al die vrae aanraak wat jy nog altyd met 'n betroubare vriend wou bespreek en vir jou God se reaksie op die vrae gee.

More

Baie dankie aan John Woodall en North Point Resources wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://vimeo.com/102571027