Leesplan inligting

Oorwin Die TwyfelVoorbeeld

Oorwin Die Twyfel

DAG 1 VAN 7

Tydelike wins

Ons moet altyd ons oë op Jesus gevestig hou. Moenie kyk waar jy nie moet kyk nie. Moenie toelaat dat twyfel in jou lewe inkom nie. Moenie jou ewige erfporsie vir ’n bakkie lensiesop verruil nie. Ons lees in Genesis 25:30 dat Esau honger was. Daarom het hy om bloot sy tydelike honger te stil sy erfporsie vir ’n bakkie sop verruil. Moenie dit doen nie. Moenie jou wonderlike toekoms weggooi vir iets wat slegs tydelik is nie.

Jy moenie twyfel aan God se beloftes nie. Ons lees immers in Numeri 23:19: “God is nie ’n mens dat Hy sal lieg nie.” Ons lewe in gevaarlike tye met onluste, plaasmoorde en korrupsie wat seëvier. Wanneer dit egter vir jou lyk of daar geen hoop meer is nie, is dit die tyd om jou oë op Jesus gevestig te hou. Dan sal jy besef hierdie lewe is net tydelik. Ons gaan een van die dae huis toe na Jesus toe.

Ek smeek jou vandag: Moenie jou kans op die ewige lewe verruil vir tydelike genot nie.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Oorwin Die Twyfel

Twyfel. Selfs die woord maak ons ongemaklik! Moenie toelaat dat twyfel in jou lewe inkom nie – hou altyd jou oë op Jesus gevestig. Wanneer daar tye kom wanneer jy verward is of twyfel en bekommerd is, moet jy al jou beko...

More

Ons wil graag Christelike Kunsuitgewers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid