Leesplan inligting

Wanneer God Kon Maar Hy Het NieVoorbeeld

When God Could’ve but He Didn’t

DAG 1 VAN 5

Waar om te Begin



Ek en my man het ons eerste kind enkele ure na die geboorte verloor. Ons wou ver weggaan en net "vir die storm wag om verby te gaan." Die genesing het egter nie gekom deur op 'n afstand te wag vir die storm om verby te gaan nie, maar deur dit reg van voor te tref in die stilte van ons kamer, deur eerlike gesprekke, deur te huil en saam te bid.



Wanneer jy 'n moeilike tyd beleef, soos die verlies van 'n geliefde of jy voel dat die lewe onder jou verkrummel en jou hart in 'n miljoen stukkies gebreek is, is daar nêrens anders om te begin as binne 'n privaat ruimte waar jy met vrymoedigheid kan huil en bid nie.



Gaan voort en praat met God. Wees oop en eerlik. Moet nie terughou nie. Ja, Hy het dinge toegelaat om te gebeur, maar Hy luister nietemin.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

When God Could’ve but He Didn’t

Waar begin jy wanneer jy weet dat God kon maar Hy het nie? Hierdie 5-dag oordenking is geanker in die Woord van God en sal jou help om die krag te vind te midde van verpletterende moeilike tye.

Baie dankie aan Pam Marasigan wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.pammarasigan.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid