Leesplan inligting

Die Here Is My HerderVoorbeeld

Die Here Is My Herder

DAG 4 VAN 7

Die Here sélf


In Psalm 91 lees ons dat die Almagtige ’n veilige vesting is vir dié wat op Hom vertrou. In die Bybel in Afrikaans 1933/1953 staan daar: "My toevlug en my bergvesting."  Die Allerhoogste is ons Bergvesting. Sterk. Onwankelbaar. Vas. Onbereikbaar vir die vyand.


Bill Gaultiere skryf op die webblad Electric Bible Passages for Scripture Memory dat hy Psalm 91 as gebed oor sy kinders uitspreek wanneer hy hulle saans in die bed sit of wanneer hy self beangs is of wanneer hy ander bemoedig. Bill sê: “Wanneer ons Psalm 91 saam met Jesus bid, stap ons in ’n ander wêreld in: die Koninkryk van die hemele wat net hier, in ons midde, is.”


Broer Lawrence, ’n eenvoudige kok wat meer as 300 jaar gelede in ’n kloosterkombuis gewerk het, vertel in sy boek The Practice of the Presence of God wat dit beteken om waarlik in die skuiling van die Almagtige te vertoef. Hy het die teenwoordigheid van God met elke asemteug ingeadem en uitgeadem —  of dit op sy knieë in gebed was of vooroorgebuk met sy knieë op die koue kombuisvloer, terwyl hy die vloer skrop. Daarom kon hy uitroep: “Ek doen nou wat ek vir ewig en ewig gaan doen: Ek loof God. Ek prys sy Naam. Ek aanbid Hom. Ek eer Hom. En ek bemin Hom met my hele hart. Hy is my Veilige Vesting.”


God is die middelpunt. Hy staan sentraal. Hy is die kern van ons bestaan én van die hele skepping.


Almagtige God, U is my skuilplek en vesting. Amen

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Die Here Is My Herder

Het God al ooit vir jou ver gevoel? Oorverdowend stil wanneer jy Hom die nodigste het? Lizette Murray lei ons in hierdie 7 dagstukke uit haar dagboek DIE HERE IS MY HERDER om opnuut te ontdek dat God ons nooit verlaat ni...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid