Leesplan inligting

BibleProject | Advent OordenkingsVoorbeeld

BibleProject | Advent Oordenkings

DAG 23 VAN 28

Toe Jesus gevra is oor die belangrikste opdrag in die Ou Testament, die Hebreeuse Bybel, het Hy met 'n aanhaling van die antieke gebed, bekend as die Shema geantwoord, "wees lief vir die Here jou God met jou hele hart." Maar dis nie al nie. Jesus volg vinnig op deur te sê dat 'n ander bevel van die Hebreeuse Bybel ook die belangrikste is, “jy moet jou naaste liefhê soos jouself." So, wat is die belangrikste? Vir Jesus is albei lewensbelangrik, omdat die eerste opdrag nie gehoorsaam kan word sonder om ag te slaan op die tweede ook nie. Jy kan die twee nie skei nie. 'n Persoon se liefde vir God word deur hulle liefde vir ander uitgedruk. 


Lees:                                                                               


Markus 12:29-31, Deuteronomium 6:5, Levitikus 19:18 


Reflekteer:


Let op wat Jesus sê nadat Hy uit die Hebreeuse Bybel aangehaal het. Watter vrae, gedagtes of gevoelens kom na vore wanneer jy oor Sy woorde nadink? Hersien die gedeeltes van Deuteronomium en Levitikus. Wat merk jy op? Hoe beïnvloed dit jou vandag? Verander jou refleksies in 'n gebed aan God vanuit jou hart. 

Dag 22Dag 24

Aangaande hierdie leesplan

BibleProject | Advent Oordenkings

BibleProject het Advent Oordenkings ontwerp om individue, klein groepe en gesinne te inspireer om die advent, of die aankoms, van Jesus te vier. Hierdie vier-week plan sluit geanimeerde video's, kort opsommings en reflek...

More

Ons wil BibleProject bedank vir die verskaffing van hierdie Plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bibleproject.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid