Leesplan inligting

Lei Jy of Laat Jy Ander Ly?Voorbeeld

Lei Jy of Laat Jy Ander Ly?

DAG 2 VAN 7

Diensbaarheid


Diensbaarheid het ongelukkig vir my ’n geestelike cliché geword. Dis ’n maklike woord om te gebruik. Dis ’n maklike woord om te sê – maklik met die tong, maklik met die lippe. Maar hoe lyk die hande en voete van diensbaarheid? 


Ons moet besef ons is besig met ’n leefstyl. Ons is besig met gedrag. Diensbaarheid is ’n manier van leef. “It’s all about giving, not getting.” Dis verskriklik belangrik dat ons dit begryp. Diensbaarheid gaan opoffering van my en jou vra. Dink maar aan wat Jesus gedoen het toe Hy aarde toe gekom en aan ’n kruis gesterf het; Hy het opgeoffer, Hy’t sy lewe opgeoffer. Opoffering is nie ’n maklike woord nie en diensbaarheid ís opoffering. 


Hier is dus wat ’n goeie leier maak: Daardie opoffering is waarvoor jy lewe. Daardie opoffering bring vervulling in jou lewe. Maar hoe kan opoffering vir my vervulling bring? Dis ’n ware leier! Iemand wat verstaan dat ek ander ophef, ek lewe ter wille van ander, ek doen dit nie ter wille van myself nie. Daar’s ’n diep vervulling en ’n diep tevredenheid daarin. 


So dit is wat leierskap beteken: Jy maak jou hande vuil. Johannes 13:14-15 sê: “As Ek wat julle Here en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was. Ek het vir julle ’n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen.” Ek wil hê jy moet na twee woorde in hierdie gedeelte oplet. Eerstens: voorbeeld. ’n Voorbeeld is iets wat jy navolg. Jesus het aarde toe gekom. Hy het ’n sekere voorbeeld gestel sodat ek en jy agter Hom kan aanloop om hierdie voorbeeld te leef wat leierskap betref. En dan tweedens: doen. “Soos Ek vir julle gedoen het moet julle ook doen.” Nie praat nie. Nie net die tong en die lippe gebruik nie. Nee, ons moet dit lééf. Dit is ’n leefstyl.


Paulus sê in Filippense 2:6-7 vir ons dat Jesus Homself verneder het deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. Daarom weet ons dat die identiteit van ’n leier ’n dienskneg is, ’n slaaf. So die dag wat jy aspireer vir leierskap, wat jy energie en moeite insit om te lei, dan aspireer jy om die nommer-een slaaf, die nommer-een dienskneg te wees. Dis ware leierskap. Dis opoffering. Dis moeg word. Dis vuil word ter wille van ander, en dit is wat leierskap is. Dit is dienskneg wees. Dit is slaaf wees, en deur dit te wees vind jy ’n diep, diep bevrediging.


Kom ek en jy gaan wees so ’n leier. 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Lei Jy of Laat Jy Ander Ly?

Johan Smith vra jou om te evalueer of jy lei of ander laat ly ... In hierdie 7-dag leesplan praat Johan oor leierseienskappe soos invloed, opoffering, self-leierskap, sensitiwiteit en verhoudingsfokus. Alles wat jy nodig...

More

Ons wil RightNow Media Suid -Afrika bedank vir die verstrek van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.rightnowmedia.org/za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid