Leesplan inligting

Lei Jy of Laat Jy Ander Ly?Voorbeeld

Lei Jy of Laat Jy Ander Ly?

DAG 1 VAN 7

Invloed    


Vandag gesels ons oor die woord invloed. Hoekom is invloed so belangrik en hoekom is invloed so goed soos ’n sinoniem vir leierskap? As jy nie invloed het nie, gaan niemand jou volg nie. Jy gaan die titel op papier hê en dalk kry jy aan die einde van die maand die geld. Maar uiteindelik draai jy om en daar’s niemand wat volg nie. Is jy dan werklik ’n leier, of is jy iemand wat ander laat ly?


’n Mens kry hoofsaaklik twee soorte invloede. Die eerste een is narsistiese invloed. Dit is iemand wat baie graag gesien en gehoor wil word, want: “Ek is die leier.” Dit is mense met ambisie vir mag en ambisie vir posisie. So iemand wil nie ’n leier wees om in ander te belê en hulle te verbeter of die omgewing op te hef of die samelewing ’n beter plek te maak nie. Nee, hy wil ’n leier wees om gesien te word. Sulke mense het invloed, maar dit is die verkeerde invloed. Dit is die soort mense wat op ’n stadium in hulle lewe omkyk en agterkom daar’s niemand wat volg nie. 


Die tweede soort invloed is ’n invloed van diensbaarheid. Dis om op jou knieë te wees om ander te dien. Dit gaan oor om met ’n fokus na ander mense toe te leef. Weg van jouself. Dit gaan oor ’n omgee vir ander. Met ander woorde; jou fokus is nie die hele tyd op “Me, Myself and I” en my mag en my posisie nie, maar op ander, om hulle te verbeter en op te hef. Dis ’n ware leier wat sê: “Kom ek verbeter ander, en saam as ’n span, maak ons die organisasie ’n beter plek en vat ons die organisasie na nuwe hoogtes toe.” Dis die regte soort invloed. Daardie soort invloed is ’n sinoniem vir leierskap. 


Jesus was ’n voorbeeld van die regte soort invloed. Hy het die hemel verlaat. Hoekom? Ter wille van my en jou! Want Hy’s nie selfgerig nie. Hy dink aan ons. Dink aan sy tyd op aarde. Hoe het Hy opgetree teenoor die mense die naaste aan Hom, sy dissipels? Hy het vir hulle omgegee. Hy het hulle liefgehad. Hy het hulle voete gewas. Hy was die dienskneg van die mense naaste aan Hom. 


Dink ook oor sy optrede teenoor sondaars – soos Saggeus. Hy gaan stop onder die boom daar in Jerigo. Hy kyk op en Hy maak bemoeienis met Saggeus. Jesus gaan stop by Matteus, die tollenaar, en Hy sê: “Volg My.” En Hy eet, en Hy kuier, en Hy bou ’n verhouding met Matteus. Dis die regte soort invloed. Dis die regte soort leierskap. 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Lei Jy of Laat Jy Ander Ly?

Johan Smith vra jou om te evalueer of jy lei of ander laat ly ... In hierdie 7-dag leesplan praat Johan oor leierseienskappe soos invloed, opoffering, self-leierskap, sensitiwiteit en verhoudingsfokus. Alles wat jy nodig...

More

Ons wil RightNow Media Suid -Afrika bedank vir die verstrek van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.rightnowmedia.org/za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid