Leesplan inligting

Geloof Bo VolmaaktheidVoorbeeld

Geloof Bo Volmaaktheid

DAG 5 VAN 43




Lees: Genesis 13


SOAP: Genesis 13:15–16


Die hele land wat jy sien, gee Ek vir altyd aan jou en jou nageslag. Ek sal jou nageslag so baie maak soos die stof van die aarde. As iemand die stof van die aarde kan tel, sal jou nageslag ook getel kan word.




Oordenking


Na Abram se reis na Egipte, keer hy met baie besittings terug na die land Kanaän, die land wat God belowe het om aan hom te gee. Abram het skape, beeste, donkies, kamele en diensknegte bekom terwyl hy in Egipte was, en sy kuddes en beeste het baie vermeerder. In werklikheid so baie dat die gebied besig was om te klein te word om die kuddes en kleinvee van beide Abram en dié van sy broerskind Lot te voed. Genesis 13 bied die eerste vermelding van Abram se neef wat saam met hom gereis het. Alhoewel God belowe het om aan Abram hierdie land te gee, het die Kanaäniete en Feresiete nog in die land gewoon. Daar was eenvoudig nog nie genoeg ruimte om Abram en Lot se huishoudings te onderhou nie.


In plaas daarvan om te eis dat Lot nuwe grond vir homself en sy kuddes en beeste moet vind, het Abram toegelaat dat Lot die land kies wat hy wil hê. Abram het in die geloof gewandel en geglo dat al het dit gelyk of daar nie genoeg grond was om hom te onderhou nie, God 'n belofte gemaak het. Abram vertrou God se belofte eerder as om sy vertroue te stel in wat hy kan sien. Hoewel dit gelyk het of die belofte weer in die gedrang kom, dat die oorvloedige land wat God belowe het om aan hom te gee nie oorvloedig genoeg was nie, het Abram hierdie keer in geloof opgetree.


Die belofte was nooit in gedrang nie. Abram het vertrou dat God die land aan hom sou gee. Hy het in geloof gewandel, terwyl Lot daarenteen vertrou het op dit wat hy kon sien, hy het die land gekies wat meer vrugbaar en welvarend voorgekom het.


Hoewel Abram nie volmaak was nie, bied sy lewe steeds voorbeelde van sterk geloof. God het aan Abram 'n ongelooflike belofte gegee - land, afstammelinge en universele seën - en hoewel hy miskien oomblikke van twyfel ervaar het, het Abram steeds sterk geloof getoon. Die verhaal van Abram se lewe is gevul met oomblikke van sterk geloof en oomblikke waar hy poog om God se belofte deur sy eie optrede te vervul. Abram het God se belofte vertrou. Hy het geglo dat God die land aan hom sou gee, en hy het in geloof vorentoe gestap en geglo dat God was wie Hy gesê het Hy is en sou doen wat Hy gesê het Hy sou doen.




Gebed


Here, U is die Beloftehouer. U het belowe om die land aan Abram te gee, en U het u belofte gestand gedoen. U hou ook u beloftes aan my. Help my om in sterk geloof vorentoe te stap, goedgunstig op te tree en te glo dat U altyd presies sal voorsien wat ek nodig het. Amen.



Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Geloof Bo Volmaaktheid

Wat vra God van ons? Dis ‘n vraag waarmee ons almal worstel. Al wat God vra is dat ons glo. "Geloof Bo Volmaaktheid" ondersoek die geloofslewens van Abram (later Abraham genoem) en sy seun Isak. Hulle was nie volmaak nie...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid