Leesplan inligting

Geloof Bo VolmaaktheidVoorbeeld

Geloof Bo Volmaaktheid

DAG 42 VAN 43




Lees: Genesis 28:1–9


SOAP: Genesis 28:3–4 


God die Almagtige sal jou seën: hy sal jou vrugbaar maak en jou 'n groot nageslag gee. Jy sal 'n baie groot volk word. Hy sal jou die seën laat toekom wat Hy aan Abraham gegee het: jy en jou nageslag sal die land waarin jy woon, as besitting ontvang, die land wat God aan Abraham gegee het. 





Oordenking


Soos ons studie van die lewens van Abraham en Isak tot ‘n einde kom, laat dit ons met hoop. Namate Isak se verhaal oorgaan na Jakob s’n, sien ons steeds die tema van God se verbondsbelofte wat vervul word. Toe Isak Jakob na Paddan Aram stuur om ‘n vrou te vind, herinner hy hom aan die beloftes wat God aan Abraham gemaak het. Jakob sou die een wees wat hierdie beloftes sou beërwe. God sou Jakob ‘n groot nasie maak, die land aan hom gee en toelaat dat sy nageslag tot seën vir die nasies wees. God se belofte is nie deur 'n paar swak besluite gedwarsboom nie. Sy verbondsbelofte aan die familie van Abraham sou voortduur.


Soos ons hierdie vertellings bestudeer het, het ons groot voorbeelde van geloof gesien. Abraham was bereid om sy seun te offer in gehoorsaamheid aan God se opdragte, wetende dat Isak die erfgenaam van die belofte was. Hy het geglo dat God steeds sy belofte sou vervul, ongeag wat God hom gevra het om te doen. Sara het selfs in haar onvrugbaarheid die vervulling gesien van God se belofte om haar ‘n seun te gee. Isak het vir sy vrou in haar onvrugbaarheid gebid en geglo dat God nie sy belofte aan Abraham sou verbreek nie. Rebekka het sonder om te weet waarheen sy op pad was, haar huis verlaat in die geloof dat God groter planne vir haar lewe gehad het.


Alhoewel daar altyd bedreigings vir die belofte was, was God en is God steeds die held van die verhaal. Hy was getrou aan Abraham en getrou aan Isak. Hy sou voortgaan om aan Jakob en sy nageslag getrou te bly en sy verbond met Abraham vervul. 


God wou nooit volmaaktheid van sy volk hê nie. Hy wou hê dat Abraham en Isak in geloof vorentoe moes loop. Hy wil dieselfde vir ons hê. Nie ons volmaaktheid nie, maar ons geloof. As ons ons geloof in Jesus Christus stel, word ons regverdig voor God gereken. Ons ontvang redding met een daad van geloof. Elke dag as ons ons geloof in God stel en glo dat Hy in beheer is van ons omstandighede, vind ons vrede in sy teenwoordigheid. 





Gebed


Here God, ek smag om elke dag in geloof saam met U te wandel. Ek glo U sal in my behoeftes voorsien. Ek glo U is altyd by my, ongeag my omstandighede. Ek glo U hou u beloftes. Dankie dat U my nooit verlaat nie en dat U nooit volmaaktheid verwag nie, net geloof. Amen. 




Dag 41Dag 43

Aangaande hierdie leesplan

Geloof Bo Volmaaktheid

Wat vra God van ons? Dis ‘n vraag waarmee ons almal worstel. Al wat God vra is dat ons glo. "Geloof Bo Volmaaktheid" ondersoek die geloofslewens van Abram (later Abraham genoem) en sy seun Isak. Hulle was nie volmaak nie...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid