Leesplan inligting

Hy Is My HoopVoorbeeld

Hy Is My Hoop

DAG 1 VAN 7

Leef, praat en doen


Die Bybel gee aan gelowiges ’n duidelike opdrag dat ons só moet leef, praat en doen dat dit vir ander mense duidelik is dat ons volgelinge van Jesus is.


Ons moet wegbly van dwaasheid, sinlose praatjies en kru grappe.


Ons moet lewe spreek oor ander mense en hulle bemoedig. So baie mense is vandag terneergedruk en sonder enige hoop; daarom moet ons onthou dat ’n liefdevolle woord op die regte tyd regtig iemand se lewe kan red. As ons niks goeds het om oor iets of iemand te sê nie, is dit die beste beleid om liewer stil te bly.


Bemoedig dié mense wat neerslagtig is. Spreek lewe oor dié wat aan depressie ly. Verkondig vrede aan dié wat in onrus leef. Vergewe dié wat jou seergemaak het. Wees lief vir moeilike mense. Gaan staan langs dié wat verlore is en hoop verloor het. Herstel hulle met die liefde van Christus. Ja, versorg Jesus se skape.


Jy is dalk nie ’n prediker of ’n lid van ’n groot gemeente nie. Miskien is jy ’n boer, ’n tuisteskepper, ’n student of werkloos. Maar dit maak jou nie vry van die verantwoordelikheid om Jesus se skape te versorg nie. Voed hulle met wat jy sê. Verkwik hulle met die liefde van Christus. Laat ’n sterwende wêreld Jesus in jou optrede sien.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Hy Is My Hoop

Hoop is van die uiterste belang in ons land en ons wêreld. Ons glo in ’n nuwe begin in ons land, in ons huise en in ons lewe. Daarom moet ons ons hoop volkome in die reddende, beskermende en onverdiende genade van Jesus ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid