Leesplan inligting

"eKidz" Oordenking: Alles Oor KeusesVoorbeeld

eKidz Devotional: All About Choices

DAG 3 VAN 5

Eerlikheid Lei Tot Vertroue 


Miskien het jy al gehoor van die verhaal van "The Boy Who Cried Wolf". Hierdie verhaal handel oor 'n jong skaapwagterseun wat dorpsbewoners in die omgewing herhaaldelik mislei om te glo dat 'n wolf die skape probeer aanval. 



Wanneer die wolf regtig verskyn, glo die dorpsbewoners nie die seun se hulpkrete nie, as gevolg van sy herhaalde leuens en die kudde word vernietig. 



Hierdie verhaal help ons om die belangrikheid van eerlikheid en waarheid te verstaan. As volgelinge van Jesus, moet ons kies om die waarheid in alle situasies te vertel. Wanneer ons jok, is een gevolg dat mense vertroue in ons verloor. 



Gepraat van die waarheid — ons het almal ten minste een keer voorheen 'n leuen vertel. Miskien was dit net 'n leuen om die lewe makliker te maak — om straf te vermy of om die waarheid te oordryf om aandag te kry. Dit kan moeilik wees om die waarheid te vertel, want ons mag die uitkoms vrees. Ons kan egter vertrou dat God ons in alle situasies krag sal gee om eerlik te wees. 



Alhoewel ons almal van tyd tot tyd verbrou, kan ons vertrou dat God se vergifnis ons weer op dreef sal bring.



Eerlikheid is altyd die beste, en dit lei tot vertroue!



Vra jouself af: Waarom is dit belangrik om eerlik met ander te wees? Kan jy aan 'n tyd dink toe jy oneerlik met iemand was? Hoe het jou oneerlikheid jou verhouding met daardie persoon beïnvloed?



Daag jouself uit: Kies om eerlik te wees in elke situasie. Wanneer jy die waarheid praat, eer jy God en die mense om jou. 



Bid: Dankie, Vader dat U my liefhet, maak nie saak wat nie! Help my om eerlik te wees in elke situasie, selfs as dit moeilik is. In die Naam van Jesus. Amen.



Tydens hierdie episode van "Super Nova Standoff" wys die "StarKeepers" die waarde van eerlikheid.







Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

eKidz Devotional: All About Choices

God het ons as sy beeld geskep — selfs as ons foute maak, is Hy steeds lief vir ons. In hierdie 5-dag leesplan praat ons oor hoe ons keuses tot 'n Goddelike karakter kan lei — met eerlikheid, vertroue en integriteit. Ons...

More

Ons wil graag Elevation Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://elevationchurch.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid