Leesplan inligting

God se Ontwerp vir SeksVoorbeeld

God's Design For Sex

DAG 1 VAN 15

REINHEID



Kuisheid is nie 'n konsep waarvan jy deesdae baie hoor nie, maar dit is al vir meer as twintig eeue 'n belangrike Christelike deug. Kuisheid word gewoonlik gedefinieer as seksuele onthouding voor die huwelik en seksuele getrouheid binne die huwelik.



Dit weerspieël die Bybelse wêreldbeskouing dat ons geen ingebore reg op seks het nie. Die voorreg van seksuele verbintenis met 'n ander persoon word slegs deur die huwelikseremonie aan ons verleen.



Kuisheid neem die idee van reinheid buite die seksuele sfeer. Dit is 'n baie belangrike deel van Christelike getrouheid en dissipelskap. Die implikasies daarvan strek oor die hele spektrum van die Christelike ervaring en raak elke area van ons lewens aan.



Daarom kon die apostel Petrus vir vroue sê dat dit deur hul kuis gedrag sou wees dat ongelowige mans tot geloof in Christus gewen kan word. Petrus het nie eenvoudig net Christenvroue vermaan om buite-egtelike verhoudings te vermy nie. Hy het voorgestel dat 'n lewe van godvresende dissipline, fokus en toewyding, 'n diep indruk op diegene maak wat nog nie persoonlik met die Here vertroud is nie.



Ons praat gereeld in die kerk oor die verwoestende gevolge van buite-egtelike seks en lewensveranderde probleme soos die moontlikheid van seksueel-oordraagbare siektes, ongewenste swangerskap en om iets wat God beoog het om slegs met een persoon te deel, goedkoop te maak.



Die belangrikste waarheid oor kuisheid en reinheid is egter, dat om ons te weerhou van ongesonde uitings van seksualiteit en romantiek, ons beter op God sal kan fokus, wat andersins nie moontlik is nie. Jesus sê: "Geseënd is dié wat rein van hart is", hoekom? "Want hulle sal God sien" (Matteus 5: 8). Seksuele onsedelikheid verhinder ons om op ons ware Beminde, die Here, te fokus.



Kuisheid is dus eerstens 'n geestelike dissipline. Soos gebed, vas, Bybelstudie, stilte, liefdadigheid en om te gee, is dit iets wat God ons vra om te doen, nie omdat dit ons in die hemel sal kry nie, maar omdat dit sal help om ons in nuwe wesens te omskep. Hierdie soort reinheid is nie die blote afwesigheid van verbode seks nie, maar 'n aktiewe verandering van 'n mens se liggaam, siel en verstand, om aan die beeld van Christus gelyk te word.



Vir meer hulp, besoek "Focus on the Family" of "Pure Intimacy" se webwerf. Jy kan ook die bediening se Beradingsentrum vir 'n gratis konsultasie skakel.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

God's Design For Sex

Geldhanteerders by die tesourie, leer om vervalste banknote te identifiseer deur die ingewikkelde patrone wat op die egte geldeenhede voorkom te bestudeer. Net so begin die begrip van die gebrokenheid van seksuele sonde ...

More

Baie dankie aan Focus on the Family wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek: http://family.custhelp.com/app/home

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid