Vind Betekenis te Midde van Verandering Voorbeeld

Lei met Liefde
Ons het baie gepraat oor persoonlike lewensverandering, maar God se plan vir ons lewens is soveel groter as onsself. Hy nooi ons uit om deel te wees van gemeenskaplike verandering — soos toe Jesus ons geleer het om te bid dat God se wil hier op aarde moet geskied soos in die hemel.
Ons weet dat ons in 'n gebroke wêreld leef, en Jesus het belowe dat ons probleme in hierdie lewe sal hê. As gevolg hiervan sukkel die wêreld óm ons om werklike seer te hanteer — onreg, ongelykheid, rassisme, haat, dood, pyn en onderdrukking.
Wanneer ons seer het, kan ontbrekende inligting met emosie gevul word. Dikwels is woede en haat die eerste emosies wat by ons opkom.
As volgelinge van Jesus word ons geroep om anders te leef. Jesus het nooit na enigiemand se vlak gedaal nie. Hy het die standaard van liefde verhoog.
Hoe benader ons dus haat, rassisme en ongeregtigheid? Hoe kan ons 'n betekenisvolle rol speel in gemeenskaplike verandering wat meer van die koninkryk van God hier op aarde vestig? Ons volg die leiding van Jesus.
Jesus het tydens sy tyd op aarde 'n omwenteling in die kultuur begin. Hy het die onaantasbare aangeraak. Hy het sondaars vergewe. Hy het die siekes genees. Hy het vroue en kinders waardeer. Hy het gesê dat sy doel was om die goeie nuus aan die armes te verkondig, om die gevangenes vry te laat, om die blindes te laat sien, om die onderdruktes te bevry en om die evangelie te verkondig. Die algemene tema? Hy het in liefde gelei.
“Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: Julle moet julle vyande liefhê; doen goed aan die mense deur wie julle gehaat word; seën die mense deur wie julle vervloek word; bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word” (Lukas 6:27-28).
Daar is seer in hierdie wêreld. Daar sal steeds seer en pyn wees totdat Jesus terugkom. Intussen kan ons kies hoe om te reageer. Ons kan kies om met liefde te lei, net soos die Skrif ons daartoe roep.
"Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het" (1 Johannes 4:19).
Jesus se liefde is sterk genoeg om alle soort onderdrukking uit te roei. Dit is kragtig genoeg om beide die onderdruktes en die onderdrukker te bevry. Dit is magtig genoeg om ons die krag te gee om die mense lief te hê met wie ons nie saamstem nie; om standpunt in te neem vir diegene wat hulself nie kan verdedig nie, en om genesing aan 'n gebroke wêreld te bring.
Bid: Vader, dankie dat U ons op die weg van liefde lei. Help my om die seer van hierdie wêreld te sien soos U dit sien. Gee my die moed om iets daaromtrent te doen. In die Naam van Jesus. Amen.
Uitdaging: Oorweeg enige gapings in jou kennis wat jy vandag moet vul. Hoe kan jy verseker dat jy liefde en empatie kies in plaas van haat en woede?
If you enjoyed this Bible Plan, you’ll love the podcast that goes with it. Learn more about how God uses our stories to create transformative life change on season 4 of the You’ve Heard It Said podcast .
Aangaande hierdie leesplan

Hoe reageer ons wanneer die lewe nie uitwerk soos ons beplan het nie of wanneer ons 'n ompad neem? Wanneer ons verandering ervaar, is dit maklik om oorweldig te word met gevoelens van verwarring, woede en teleurstelling. God wil egter iets beter vir ons gee. Leer hoe jy kan begin om verandering te koester, selfs te midde van ‘n chaotiese proses.
More