Leesplan inligting

MarkusVoorbeeld

Markus

DAG 39 VAN 43

Lees: Markus 14:53–72 

SOAP: Markus 14:61–62

Maar Jesus het niks gesê nie en Hom glad nie verweer nie. Die hoëpriester het Hom verder ondervra. “Is jy die Christus, die Seun van Hom aan wie die lof toekom?” het hy Hom gevra. “Ek is,” het Jesus geantwoord, “en julle sal die Seun van die mens sien waar Hy sit aan die regterhand van Hom wat magtig is, en wanneer Hy kom op die wolke van die hemel.”

Oordenking

Wie is Jesus? Markus het hierdie vraag talle kere aan die einde van die evangelie geopper. Die godsdienstige leiers het probeer om geldige gronde te vind om Jesus stil te maak, en uiteindelik het hulle dit gehad. Jesus het aangevoer dat Hy die Christus, die Seun van God was. Hulle het hom nie geglo nie en het sy woorde as godslasterlik uitgewys en Hom ter dood veroordeel. 

Intussen het Petrus, wat reeds vir Jesus as die Christus verkondig het, daar naby gestaan. Uit vrees dat hy ook gearresteer en doodgemaak sou word, het Petrus ontken dat hy vir Jesus ken. Alhoewel hy oortuig was dat Jesus die Christus was, was Petrus se geloof op daardie oomblik misplaas. Hy het meer vertroue in sy reputasie geplaas as in die Een wat hom kon red. 

Jesus is die Christus. Dit maak nie saak of ons Hom verloën, Hom probeer vernietig, of Hom ignoreer nie, Hy is die Christus. Sy koninkryk is ewig. Voor alles was Hy al daar en Hy hou alles in stand. Wanneer ons voor Markus se vraag, “Wie is Jesus?” te staan kom, hoe sal ons antwoord? Mag ons harte en gedagtes so oortuig wees van wie Hy is dat ons sonder om te weifel, onsself as Syne identifiseer. 

Gebed

Here, vergewe my dat ek myself eerder as U vertrou. Ek erken ek is nie altyd gou om myself as u s’n te identifiseer nie. Help my om in alle omstandighede my geloof in U en U alleen te plaas. Ek glo U is die Christus, die Messias, die Seun van God. Amen. 

Dag 38Dag 40

Aangaande hierdie leesplan

Markus

Die evangelie van Markus is 'n kragtige beskrywing van Jesus se lewe. Dit wys Jesus se karakter op elke bladsy, van sy gewilligheid om te ly en te dien, tot sy krag en Godheid wonderbaarlik vertoon. Met elke toneel vra d...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://lovegodgreatly.com/afrikaans/

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid