Leesplan inligting

MarkusVoorbeeld

Markus

DAG 26 VAN 43

Lees: Markus 10:32–52 

SOAP: Markus 10:45

Die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.

Oordenking 

Toe die tyd van Jesus se dood nader kom, het Hy sy dissipels aanduidings gegee van wat sou kom. Hy het hulle presies vertel wat met Hom sou gebeur, hoe Hy ter wille van hulle verlossing verlaag en verneder sou word.

Die dissipels het steeds nie verstaan wat Jesus se doel op aarde is nie. Hulle wou steeds hê dat Hy moes regeer en heers, en hulle wou eer en gesag hê indien Hy dit sou doen. In sy antwoord het Jesus getoon hoe die koninkryk van God geensins soos die koninkryk van die wêreld is nie. Hy sou dien, nie gedien word nie; Hy sou sy lewe gee om hulle lewens te red.

Jesus het voortgegaan om Homself aan die dissipels te openbaar en hulle te wys hoe sy koninkryk nie van die wêreld was nie. Hy is die voorbeeld wat ons moet volg. Sy lewe van diens is die standaard wat Hy vir ons wil hê. Om Hom te dien hoef nie 'n groot gebaar te wees nie. Dit kan eenvoudige dade van nederigheid en omgee vir diegene om ons wees. Mag ons navolgers van Christus wees wat Hom wil dien, ongeag die koste, want Hy het alles vir ons gegee. 

Gebed 

Here Jesus, U is die ware dienskneg. Dankie dat U my nog meer dien as wat ek kon dink of vra. Dankie dat U alles vir my redding gegee het. Ek loof U vir u nederigheid en u diens. Mag ek 'n hart hê om ander te dien soos U my gedien het. Amen.

Dag 25Dag 27

Aangaande hierdie leesplan

Markus

Die evangelie van Markus is 'n kragtige beskrywing van Jesus se lewe. Dit wys Jesus se karakter op elke bladsy, van sy gewilligheid om te ly en te dien, tot sy krag en Godheid wonderbaarlik vertoon. Met elke toneel vra d...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://lovegodgreatly.com/afrikaans/

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid