Leesplan inligting

MarkusVoorbeeld

Markus

DAG 14 VAN 43

Lees: Markus 5:21-43

SOAP: Markus 5:27-29

Sy het van Jesus gehoor en in die gedrang nader gekom en van agter af aan sy klere geraak, want sy het gedink: as ek maar net aan sy klere kan raak, sal ek gesond word. En dadelik het die bron van haar bloedvloeiing opgedroog, en sy kon aan haar liggaam agterkom dat sy van haar kwaal ontslae was.

Oordenking

Jesus het ‘n besetene genees en sy dissipels het die hele gebeurtenis gesien. Hy het teruggevaar en is ontmoet deur Jaïrus, ‘n raadslid van die sinagoge, wie se dogter besig was om te sterf. Die dissipels moes meer as enigiemand geglo het dat Jesus die siek meisie kon genees. Alhoewel Jaïrus geglo het, het hy aanmoediging nodig gehad toe hy die nuus ontvang het dat sy dogter oorlede is.

Tussen voorbeelde van diegene wat groot vertroue moes gehad het, vind ons ‘n desperate vrou, een wat alle rede gehad het om te twyfel. Sy het haar vertroue in baie dokters geplaas en hulle almal het haar in die steek gelaat. Sy het geen geld gehad nie, en omdat haar toestand haar onrein gemaak het, was sy afgesny van die samelewing, nie in staat om ‘n ander persoon aan te raak of by die tempel te aanbid nie. Haar geloof was allesbehalwe gewoon. Sy het uitgereik om net sy klere aan te raak; sy het geen twyfel gehad dat Jesus haar kon genees nie. Haar geloof het haar gesond gemaak.

Alhoewel die dissipels die voorbeeld van groot geloof moes wees, het Markus ‘n nederige, siek vrou gebruik om sy lesers uit te daag en weereens te vra: “Waar is jou geloof?” Wanneer ons geloof beoefen, verheerlik ons ons Verlosser. Wanneer ons glo dat Hy beide bereid en in staat is om in ons behoeftes te voorsien en ons gebede te beantwoord, beantwoord ons Markus se groot vraag: “Wie is Jesus?” met: “Die Seun van God.”

Gebed

Here, ek twyfel omdat ek u krag en u sorg vir my nie verstaan nie. Help my om in my geloof te groei. Maak my oë oop sodat ek kan sien dat U kragtig in my lewe werk. Amen.

Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Markus

Die evangelie van Markus is 'n kragtige beskrywing van Jesus se lewe. Dit wys Jesus se karakter op elke bladsy, van sy gewilligheid om te ly en te dien, tot sy krag en Godheid wonderbaarlik vertoon. Met elke toneel vra d...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://lovegodgreatly.com/afrikaans/

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid