Leesplan inligting

MarkusVoorbeeld

Markus

DAG 17 VAN 43

Lees: Markus 6:1-29

SOAP: Markus 6:5-6

Hy kon daar geen enkele wonderwerk doen nie, behalwe dat Hy sy hande op ‘n paar siekes gelê en hulle gesond gemaak het. Hy was verbaas oor die ongeloof van die mense. Daarna het Hy by die dorpies in die omtrek rondgegaan en die mense daar geleer.

Oordenking

Toe Jesus terugkeer na Nasaret, die dorp waar hy grootgeword het, het baie min mense gedink dat Hy hul tyd werd is. Hulle het sy onderrig verwerp, sy wonderwerke geïgnoreer en sy wysheid bevraagteken. Hulle het Jesus al vir baie jare geken, gesien hoe Hy grootgeword en tyd saam met sy gesin deurgebring het. Hulle het Hom as ‘n skrynwerker geken en Hom verwerp as enigiets meer. Hulle het gedink dat hulle weet wie Jesus is.

Markus het dit duidelik gemaak dat die rede waarom Jesus geen wonderwerke in Nasaret kon doen nie, as gevolg van die ongeloof van die volk was. Hulle het Jesus op een manier geken en kon nie die moontlikheid begryp dat Hy iemand anders kon wees as wat hulle geken het nie. Hulle het geweier om Hom te glo. Daarom het hulle al die wonderwerke misgeloop wat Jesus vir hulle kon doen.

Wanneer ons met God se Woord vertroud raak, kan ons maklik in die strik van ongeloof trap. Miskien het ons ‘n aspek van God se karakter verstaan en weier ons om dieper te delf om meer te verstaan van wie Hy is. As ongeloof oorneem, kan ons verstommende waarhede en wonderwerke wat God aan ons wil openbaar, misloop. Mag ons nie wees soos dié in Nasaret nie, maar eerder soos diegene wat groot geloof openbaar het.

Gebed

Here Jesus, vergewe my ongeloof. Ek glo U is die Seun van God, en ek wil hê dat my lewe moet weerspieël dat ek in U glo. Maak my bewus van tye wanneer ek nie in U glo nie. Gee my nederigheid om in ontsag voor U en u Woord te staan. Amen.

Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Markus

Die evangelie van Markus is 'n kragtige beskrywing van Jesus se lewe. Dit wys Jesus se karakter op elke bladsy, van sy gewilligheid om te ly en te dien, tot sy krag en Godheid wonderbaarlik vertoon. Met elke toneel vra d...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://lovegodgreatly.com/afrikaans/

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid