Leesplan inligting

Lewenslustig: 'n Lewe Die Moeite Werd Om Te LeweVoorbeeld

Vibrant: A Life Worth Living

DAG 4 VAN 5

Wanneer 'n persoon aanvanklik 'n Christen word, gebeur daar 'n werk binne hom wat die persoon toelaat om lewendig te word op ongesiene maniere. Sondes word onmiddellik en wonderbaarlik vergewe, wat 'n ewige werk binne ons is. In die diepste dele van ons menslikheid, word 'n intieme kennis van God nou gevind en die behoefte word saggies gebore om Hom te behaag in al jou doen en late. Die verskil in 'n persoon se siel is merkwaardig; daar is 'n vars doel, soet openbaring en die sekerheid dat jy totaal en al geliefd is deur die Een wat jou geskep het.



Dan kom die oomblik dat die werk binne in jou geopenbaar moet word in jou woorde en dade. Hierdie merkwaardige verandering is te groot om nie 'n verskil te maak in die manier hoe die persoon homself of haarself handhaaf nie. Hierdie wonderbaarlike skoonmaak kan nie net weggesteek bly nie maar dit moet geopenbaar word vir die wêreld om te sien. Die lewe en karakter van Christus, wat nou in jou is, moet uit jou straal. Dit is tyd om te lewe asof jy dit bedoel!



Jy sal waarlik die lewe begin leef wat God vir jou bedoel het wanneer jy ontslae raak van 'n paar karaktereienskappe wat jou terughou van volheid, egtheid, en 'n doel. Hierdie houdings en aktiwiteit is nooit aanvaarbaar nie, hulle is nooit vervullend nie en nooit soos Christus nie.



As ons vriende was en jy kom by my huis aan met kleredrag wat nie gepas is vir die geleentheid nie of nie mooi pas nie, sal ek saggies vir jou iets anders aanbied om te dra. So dink vandag aan my as jou vriend terwyl ek jou help met jou emosionele kleredrag. Miskien is daar verouderde emosies in jou emosionele kleredrag wat jy moet uitgooi. Miskien het jy lelike houdings en gewoontes wat in die kas van jou hart hang wat werklik nie goed lyk aan jou nie. Jy gaan gek wees oor die wonderlike vryheid wat jy gaan ervaar as jy weier om hierdie emosionele klere te dra wat stremmend is en sleg aan jou pas.



Om ons emosionele klerekas skoon te maak is nie altyd maklik nie, maar Paulus bied vir ons onskatbare hulp en verrassende kundigheid in hierdie onderneming. Hy het selfs vir jou 'n lys om te oorweeg in die skoonmaak proses in Efesiërs 4:31. Hierdie is die dinge wat jy proaktief na moet soek en dan onmiddellik en heeltemal ontslae van moet raak. Hierdie is die deel van die dissipline wat dit vat om 'n lewenslustige lewe te leef van onvergelykbare vreugde!


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Vibrant: A Life Worth Living

Elke persoon kan kies om lewenslustig te wees, en so 'n lewe begin deur Jesus te volg. Elke karakter eienskap wat ons geroep word om te koester, elke daad van goedhartigheid of liefde en elke woord van deernis of sagthei...

More

Ons wil Whitaker House bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.whitakerhouse.com/book-authors/carol-mcleod

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid