Leesplan inligting

Verlore Tot GevindVoorbeeld

Verlore Tot Gevind

DAG 1 VAN 5

KOSBARE, VERLORE GOED


Lukas 15:1-2   Lukas 19:10


Hierdie leesplan handel oor sommige temas uit my boek, Die Verlore Seun Vannie Gaatjie. Dit is my storie van verlorene tot gevinde; van ashoop tot preekstoel; van haweloos tot by my Vaderhuis. Mag jy, wanneer jy hierdie leesplan lees, God in jou storie raaksien .


Lukas 15 is ‘n hoofstuk oor verlore goed- ‘n verlore skaap, 'n verlore muntstuk en ‘n verlore seun. Jesus vertel hierdie drie stories nadat die Fariseërs (wéér) fout gevind het met Hom wat so gemaklik met die skuim van die aarde oor die weg kom, selfs met hulle eet- veral tollenaars, berugte sondaars en ander onrein mense. Mense met wie ‘n kwansuise godsdienstige leier nie veronderstel is om mee te meng nie. Mense wie sy hemelse “brownie points” skade kan aandoen deur te assosieer met die boemelaars, die prostitute, die dagga-koppe. Want, in hulle koppe meng jy nie jou met die semels nie — anders vreet die varke jou op.


Vir Jesus was verlore goed, veral verlore mense, ‘n gunsteling. Hy het uit sy pad gegaan om hulle te wys hoeveel waarde hulle het, en dat Hy ook sy lewe vir hulle gee. Dis waarvoor Hy gekom het, sê Hy oor Homself, in Saggeus, die tollenaar, se huis (Lukas 19:10). Vir Hom was geen mens ooit weggooibare materiaal nie, ongeag die paaie wat hulle al in die lewe gestap het; ongeag die ashope waarop hulle al gaan dwaal het. Inteendeel, ek noem Jesus die Meesterherwinner in my boek (Die Verlore Seun Vannie Gaatjie)- “die Een wat uit die gemors wat ons wil weggooi, die mooiste nuwe goed skep”. Die Een wie op verlate plekke, soos ashope en varkhokke, na verlore en vergete stories gaan soek, om nuwe betekenis daaraan te gee. Dit is wat Hy met my verlore en vergete storie gedoen het. Dis wat Hy met jou storie wil doen. Dit is ook hoe Hy jou wil gebruik in ander se stories.


Dink net hoe anders jou dae kan lyk as jy elke oggend vir God vra om vir jou oë te gee wat “sondaars en veragtelike mense” raaksien, met die doel om te doen wat Jesus gedoen het: om by hulle te sit, te gesels, saam met hulle te eet en 'n verhouding met hulle te bou. Dit is hoe ek en jy, inpas met die Meesterherwinner, nuwe betekenis aan verlore mense se stories gee.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Verlore Tot Gevind

‘n Kerndeel van die Christelike geloof is die erkenning dat ons verlore is sonder God. Sonder sy genade is ons verlore. Sonder sy liefde is ons verlore. Nogtans reik Hy eerste na ons uit en vat ons vanuit ons verlore ple...

More

Ons wil graag Ivor Swartz bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780796322180

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid