Leesplan inligting

Family.fit: In God Leef en Beweeg OnsVoorbeeld

Family.fit: In God Leef en Beweeg Ons

DAG 2 VAN 5

God, die lewegewer 

 v25 b “hy gee self lewe en asem aan alle mense” 

 

 

1. Raak aktief 

Rol die dobbelsteen 

Kry of maak 'n dobbelsteen.  Staan in 'n sirkel, doen 100 hurksitte as 'n gesin.  Elke persoon gooi die dobbelsteen en doen daardie aantal hurksitte voor daar aanbeweeg word na die volgende persoon.  Hou telling van die gesin se totale aantal hurksitte. 

Werk harder: Doen 150 of 200 hurksitte. 

Kyk na video van hurksitte:

 

2. Rus en gesels 

Wat is iets wat jy gemaak het waarop jy trots is?  Wys dit vir die gesin as jy dit naby het. 

Die God wat aan ons “bekend” is (nie 'n “onbekende” god nie) het die wêreld gemaak.  Paulus vertel ons meer oor hierdie God in vandag se leesstuk. 

3. Lees die Skrifgedeelte 

Handelinge 17:24-26 

4. Bespreek 

  • Wat sê hierdie Skrifgedeelte vir ons oor God se rol in hierdie wêreld?
  • Hoe verskil dit van hoe baie mense God sien?  

Gesels met God: Dankie Here dat U hierdie wêreld ontwerp en gemaak het.  U is ongelooflik!  U is in beheer, en U is goed.

Môre sal ons uitvind wat die Bybel sê waaroor ons lewe regtig gaan.  Kan jy raai?  Jy mag dalk verbaas wees!  

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Family.fit: In God Leef en Beweeg Ons

'n Gesin floreer saam. Wat 'n pragtige prentjie in hierdie tye! Gebruik hierdie 10-minuut family.fit tyd om pret te hê, en om fiksheid en geloof saam met jou gesin te bou terwyl julle na Handelinge 17 kyk. Dit kan aangep...

More

Ons wil graag Family.Fit bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://family.fit

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid