Leesplan inligting

Family.fit: In God Leef en Beweeg OnsVoorbeeld

Family.fit: In God Leef en Beweeg Ons

DAG 1 VAN 5

Die markplek van gode en idees

Family.Fit is 'n gesin-gebaseerde toewydingstyd om saam te doen.  Dit behels om aktief te wees met bewegings en pret, gevolg deur die verkenning van die Bybel en bespreking. 

In hierdie reeks van vyf dae kyk ons na Handelinge 17.   Hierdie verse in die Bybel bevat 'n toespraak wat die Apostel Paulus 2,000 jaar gelede in Athene gegee het. 

Voor dit, begin met 'n speletjie om aan die beweeg te kom!

 

     

1. Raak aktief

 Knie raak 

Kompeteer in pare.  Probeer om soveel keer as wat jy kan aan jou teenstander se knieë te raak terwyl jy jou eie met jou hande en liggaamsposisie beskerm.  Ruil maats na 60 sekondes en herhaal. 

Probeer nou die spel speel met drie of vier mense. 

Kyk na video van die spel:

 

 

2. Rus en gesels 

  •  Wat is iets wat jy baie graag die geld voor wil hê om te koop? 

 In ons Bybelverhaal was Paulus in Athene.  Hy het gesien hoe die stad was en het gesprekke met baie mense gehad in hierdie “markplek van idees.”  Daar was baie standbeelde van gode.  Hy is deur sommige plaaslike denkers gevra om sy sienings oor die lewe en God te verduidelik.  Hier is wat hy gesê het. 

 v 23b “Ek gaan om julle vertel van hierdie 'onbekende god.'” 

 3. Lees die Skrifgedeelte 

 Handelinge 17:22-23 

 4. Bespreek 

  •  Wat is sommige van die dinge wat mense vandag aanbid in plaas van God? 
  •  Wat beteken dit om godsdienstig te wees?  Hoe lyk dit? 

Gesels met God:  Dankie Here dat U uself openbaar.  U is nie 'n onbekende god nie.  Daar is geen ander ware God behalwe U nie. 

Môre sal ons sien hoe God die middelpunt van die lewe is.  As God die outeur van lewe is, soos die Bybel beweer, wat sê Hy daaroor? 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Family.fit: In God Leef en Beweeg Ons

'n Gesin floreer saam. Wat 'n pragtige prentjie in hierdie tye! Gebruik hierdie 10-minuut family.fit tyd om pret te hê, en om fiksheid en geloof saam met jou gesin te bou terwyl julle na Handelinge 17 kyk. Dit kan aangep...

More

Ons wil graag Family.Fit bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  https://family.fit

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid