Leesplan inligting

Every Nation Faith City - InperkingsbrieweVoorbeeld

Every Nation Faith City - Inperkingsbriewe

DAG 5 VAN 5

Dag 5 - Geplant In Christus


Die Sequoia boom is die grootste boom ter wêreld, met ʼn deursnee van 9 meter en ʼn hoogte van 76 meter. Vir so 'n groot boom om stewig te staan, in die wind en deur storms, moet sy wortels goed in die grond geanker wees.


Paulus skryf in sy brief aan die Kolossense, terwyl hy nog in die tronk toegesluit was, dat die kerk gefokus moet bly op Christus. Geloof groei wanneer ons die waarheid aanneem wat in die Woord van God staan.


Die grootte van die Sequoia boom word nie bepaal deur wat ons aan die buitekant sien nie, maar deur die diepte van sy wortels. Daar is baie storms in die lewe waarteen ons te staan gaan kom, maar daar is net een Naam wat hulle kan kalmeer. Dit is dieselfde Naam wat 'n vaste fondament is waarop Christenskap gebou is. Dit is die Naam van Jesus Christus.


Kolossense 2:7


"Laat jou wortels dieper groei, en jou lewe op Hom gebou wees. Dan sal jou geloof versterk word in die waarheid en jy sal oorloop van dankbaarheid."


Paulus praat van oorvloedige dankbaarheid. In sy situasie lyk dinge somber, en daar is nie iets om voor dankbaar te wees nie. Hy is opgesluit en vasgemaak, hy is fisies ingeperk. Sy perspektief oor die evangelie was nie gekoppel aan sy omstandighede nie; inteendeel, hy het dit as ʼn geleentheid gebruik om Christus bekend te maak.


Ons perspektief is beperk, en ons sukkel om dankbaar te wees, veral as ons net kan sien wat voor ons is. Wanneer ons op God se realiteit fokus, kry ons soveel goed om voor dankbaar te wees, en dit begin alles met die vernuwing van ons denke en perspektief.


Romeine 12:2


"Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is."


Verandering sal begin plaasvind wanneer ons anders begin dink, wanneer ons die Heilige Gees toelaat om ons denke te kom vernuwe. Ons almal gaan hierdie seisoen van inperking onthou. Wat is die een ding wat God vir jou in hierdie seisoen gedoen het wat jy altyd sal onthou?


Waarvoor is jy dankbaar, ten spyte van die inperking?


Gebed:


Here, mag ons 'n hart van dankbaarheid hê, nie net vir wat U vir ons gedoen het nie, maar ook vir wat U nog gaan doen. Help ons om u beloftes te onthou, sodat ons ons harte daaraan kan herinner dat U 'n getroue God is en dat u Woord alles voltooi waarvoor dit uitgestuur word. 


In die Naam van Jesus. Amen!





Iemand hier by Every Nation Faith City sal graag saam met jou wil bid. So as jy gebed nodig het, moet nie huiwer om ons te kontak nie.


Indien jy meer oor die inperkingsbriewe wil hoor, kry dit hier. 

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Every Nation Faith City - Inperkingsbriewe

Daar is ʼn oomblik in ons almal se lewe waar ʼn aspek van ons lewe, emosioneel of geestelik, onder inperking is. Die Apostel Paulus het briewe geskryf om kerke te bemoedig wat hulself vind in moeilike tye, terwyl hy self ...

More

Ons wil graag Every Nation Faith City bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.enfc.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid