Leesplan inligting

Every Nation Faith City - InperkingsbrieweVoorbeeld

Every Nation Faith City - Inperkingsbriewe

DAG 2 VAN 5

Dag 2 – Nader Aan Die Doelwit    


Ons almal het doelwitte wat ons wil bereik. Dit kan wees om verhoudings te versterk, fisieke gesondheid te onderhou of net goeie akademiese punte te behaal. Al die doelwitte is goed, maar vir ons as Christene is ons hoof prioriteit Christus.


Paulus skryf vir die kerk van Filippi van hierdie doelwit; dat Christus die hoof doelwit moet wees. Ons behoort die Woord van God met alle oortuiging, vreugde en selfvertroue te lees, om daardie hoop binne ons aan te wakker.


Hierdie seisoen het dalk ons drome ingeperk, die kerk se deure is toegesluit, maar ten spyte van dit alles is daar ʼn goddelike afspraak met elkeen van ons gemaak.


Filippense 3:12


"Ek sê nie dat ek dit alles al het of die doel al bereik het nie, maar ek span my in om dit alles myne te maak omdat Christus Jesus my reeds Syne gemaak het."


Ons behoort die voorbeeld van Christus nie net in woord en daad te volg nie, maar ons moet soos Jesus begin dink. Romeine 12:2 maak dit duidelik dat ons ons denke moet vernuwe. Die Woord van God is nie daar om die buitekant (woord en daad) te verander nie, maar om ons van binne af na buite te verander (denke en hart). Ons begin soos Jesus optree wanneer ons strewe na Hom is — leer van Hom en lewe vir Hom.


Ons kan uit Paulus se houding en reaksie leer. Om soos Jesus te word moet ons oë die heeltyd op Hom gerig wees.


Paulus skryf een van die bekendste verse in die Bybel in Filippense 4:13, maar die verse voor dit se konteks is waar die krag is. Paulus skryf vir die kerk om dankie te sê maar ook om te sê dat hy weet hoe dit is om met niks sowel as oorvloed te lewe. 


Dit is net deur Christus wat ons verlos en heel gemaak word. Hardloop dus die wedren, wat voor ons almal is, met uithouvermoë en volharding.


Gebed:


Here, help my om my gedagtes te rig op dit wat waar is, wat edel is, wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is en alles wat prysenswaardig is. Mag my denke vernuwe word. Mag die vrede van God met ons almal wees. 


In die Naam van Jesus. Amen!

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Every Nation Faith City - Inperkingsbriewe

Daar is ʼn oomblik in ons almal se lewe waar ʼn aspek van ons lewe, emosioneel of geestelik, onder inperking is. Die Apostel Paulus het briewe geskryf om kerke te bemoedig wat hulself vind in moeilike tye, terwyl hy self ...

More

Ons wil graag Every Nation Faith City bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.enfc.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid