Leesplan inligting

Die Bybel vir Almal: Hoe om vir Bybelvertaling te BidVoorbeeld

The Bible for All: How to Pray for Bible Translation

DAG 5 VAN 5

  


'n Gesin Wat Bymekaar Kom Om Te Bid, Bly Bymekaar 


Wanneer ons met iets wonderliks tot die eer van God begin, is daar niks meer teleurstellend as wanneer dit geleidelik ophou nie. Om vir almal op aarde te bid om 'n Bybel in hul eie taal te hê, is presies dieselfde. Gebed verg deursettingsvermoë en dissipline — twee woorde waarmee almal sukkel. Hoe vorder jy met die gebedsgewoontes wat ons tot dusver geleer het? Met sommige hou jy dalk nog vol en ander miskien nie. 



Raai net wat? God het nooit bedoel dat jy alleen moet bid nie. 


Die volgeling van Christus se gebed is drasties verskillend van die gebed van die godsdienstige mens. Een groot verskil is, wanneer ons tot die Drie-enige God van die Bybel bid, tree ons in 'n ewige gesprek met die Vader, die Seun en die Heilige Gees (Johannes 17:5, Hebreërs 9:14). Jesus het nooit alleen gebid nie. Ons bid ook nooit alleen nie. Trouens, ons sien in Matteus 18:19: "As twee van julle op aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry." As jy noukeurig lees, sal jy sien dat gebed regdeur die hele Bybel 'n gemeenskapspoging is. Van Moses se tabernakel tot by Salomo se tempel en tot in die huise van die apostels volgens Handelinge, het die mense in die Bybel as 'n geestelike familie saam gebid. 



Dit het nie vir vandag se volgelinge van Christus verander nie. 


God het 'n gebedsfamilie vir jou. Dit kan dalk jou biologiese gesin wees, 'n geestelike familie of dalk beide. Ons hemelse Vader is 'n "gesinsman". Jy is nie alleen nie — nie in die hemelse plekke of hier op aarde nie. 



Gebedsgewoonte #5: Bid saam met ander. 


Op hierdie laaste dag van ons gesamentlike oordenkingstyd, vra ons die Here God om met jou te begin praat oor wie in jou "gebedsfamilie" kan wees. Begin klein. Begin met iemand in jou biologiese gesin soos jou huweliksmaat of dalk 'n vriend. Net twee mense is nodig. Beplan 'n weeklikse ritme wanneer om saam te bid, en besluit vir hoe lank. Begin om vir net vyf minute saam te bid. Bid vir mekaar en begin om die wêreld saam te verander deur vir NUL te bid. Bid vir die 2 000+ groepe mense wat nie eens een Bybelvers het nie — om teen 2030 na NUL te verminder. Besoek die onderstaande skakel om 'n gebedsbron vir elk van die vyf gewoontes in hierdie leesplan te kry. 


Dankie dat jy jou tyd met ons gedeel het. Mag God in en deur jou hart op die mees lewensveranderende wyses werk! Dit is 'n eer om hande te vat om elke persoon te bereik wat wag om die boodskap van God se liefde te hoor wat deur die Skrif geopenbaar word! 


 


www.prayforzero.com/youversion


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Bible for All: How to Pray for Bible Translation

Op watter manier het die Bybel jou lewe verander? Wanneer die lewe ons onderkry kan ons in die Woord rigting en troos vind. Wat as die Bybel egter nie in ons taal beskikbaar is nie? Dit is vandag die realiteit vir een mi...

More

Ons wil graag vir YWAM Kona bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek http://www.seedcompany.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid