Leesplan inligting

Die Bybel vir Almal: Hoe om vir Bybelvertaling te BidVoorbeeld

The Bible for All: How to Pray for Bible Translation

DAG 4 VAN 5


  



Wandel met Jesus


Meer as 76% van die Bybel is in Hebreeus geskryf. Die hele Bybel is geskryf deur Jode wat 'n Hebreeuse wêreldbeskouing gehad het. Wanneer die geleentheid hom dus voordoen om die betekenis van 'n Hebreeuse woord in die Bybel na te vors, is ons gewaarborg om deur die lae en lae, verstommende insigte te ontdek. Halach is een van daardie woorde. Een betekenis van die woord is "trek" (Genesis 13:17). Wanneer die konteks verander, vermeerder die betekenisse. Dit kan die manier waarop jy moet wandel (Genesis 17:1) beteken of om te volg (Psalm 1:1). Deur die loop van eeue het die betekenisse saamgesmelt tot 'n kragtige waarheid dat wanneer ons God navolg, is ons aan sy weë gehoorsaam. 



Hoe kan jy dus regtig weet wat God se weë is as jy nie 'n Bybel in jou eie taal het nie?


Die Bybel is die boek wat volke herskep, want as ons die Woord van God lees, begin ons met Jesus te wandel. In Lukas 10:1 lees ons hoe die krag van die Gees van God deurbreek wanneer ons saam met Jesus beweeg in dele van die wêreld wat nog sonder die evangelie is. Jesus verlaat nog steeds die 99 skape om die een verlore skaap te gaan soek (Lukas 15:4). Sal jy nie vandag vir Jesus volg om gebede hemelwaarts te stuur om die geskiedenis van die mense sonder die Bybel hier op aarde te verander nie? 



Gebedsgewoonte #4: Bid terwyl jy wandel. 


Ons kan maar eerlik wees en erken dat gebed soms moeilik en selfs uitputtend kan wees. Een van die beste maniere om in gebed te groei, is om dit saam met 'n aktiewe en energieke gewoonte te doen, soos wanneer jy gaan stap. Of jy nou meer bid as stap of meer stap as bid, kan jy hierdie twee gewoontes saam doen. Gebedswandelinge is een van die mees antieke gebruike van die mensdom. Terwyl jy stap en die buitelug geniet, sal God met jou deur sy skepping praat. Jou liggaam sal lekker voel terwyl jy die oefening kry en om ander te nooi om saam te stap, sal dit nog meer genotvol maak. Volg letterlik vandag vir Jesus na en vra Hom om aan jou die gebede te gee vir mense wat nog steeds wag om van sy lewegewende weë in die Bybel te hoor. Geniet ook die video om in jou gebede bemoedig te raak vir diegene sonder Bybels. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

The Bible for All: How to Pray for Bible Translation

Op watter manier het die Bybel jou lewe verander? Wanneer die lewe ons onderkry kan ons in die Woord rigting en troos vind. Wat as die Bybel egter nie in ons taal beskikbaar is nie? Dit is vandag die realiteit vir een mi...

More

Ons wil graag vir YWAM Kona bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek http://www.seedcompany.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid