Leesplan inligting

In die skadu van die AllerhoogsteVoorbeeld

In die skadu van die Allerhoogste

DAG 7 VAN 7

Oorvloedige genade 


Ons word aangespoor om vrygewig te gee, en ons ontvang die belofte dat God op sy beurt weer vrygewig teenoor ons sal wees. Binne konteks praat hierdie vers egter glad nie van geld nie; dit praat van vergifnis. Jesus het so pas gesê: “Hou op om ander te oordeel, en julle sal nie geoordeel word nie. Hou op om ander te kritiseer, en julle sal nie gekritiseer word nie. As julle ander vergewe, sal julle vergewe word” (Lukas 6:37). Jesus sê ons kan nie meer vergifnis bied as God nie. Watter genade ons ook al aan iemand anders kan bewys, is niks wanneer dit vergelyk word met die genade wat God aan ons bewys het nie. 


Bewys jy hierdie tipe vrygewige vergifnis aan ander? Dit is die voorwaarde van hierdie belofte. Indien jy ’n veroordelende, onvergewensgesinde hart het, sal jy agterkom dat jy ook net so behandel word. Om God se hart van vergifnis te roer behels nederige berou, en dit sluit noodwendig die erkenning in dat jy net soveel van ’n sondaar is as die mense wat jou seergemaak het. 


Wanneer jy dié waarheid omtrent jouself erken, sal God sy genade so oorvloedig oor jou uitstort dat dit vasgedruk en geskud sal word om plek te maak vir meer, sodat dit oorloop en tot in jou skoot val. Wat jy ook al gedoen het, hoe veroordelend jy ook al teenoor ander was, gee God steeds aan jou soveel genade dat jy dit alles nie kan vashou nie. Dit is hoe vrygewig God is. Sal jy toelaat dat sy vrygewigheid deur jou na ander toe oorvloei? 


U, Here is barmhartig en genadig, U is stadig om kwaad te word, vol liefde en trou. (Psalm 86:15)


Hierdie oordenkings is saamgestel uit IN DIE SKADU VAN DIE ALLERHOOGSTE deur Chris Johnsen en Nancy Taylor © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

In die skadu van die Allerhoogste

Die Allerhoogste bied vir jou sy genade en barmhartigheid aan. Hy wil na jou luister, met jou praat en in jou hart werk. Dit is so ’n groot aanbod: Genade om jou te help wanneer jy dit die nodigste het. Jy kan vandag op ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid