Leesplan inligting

In die skadu van die AllerhoogsteVoorbeeld

In die skadu van die Allerhoogste

DAG 1 VAN 7

’n Koninklike uitnodiging 


“Die Koning vra dat jy Hom in die troonkamer sal vereer met jou teenwoordigheid. Hy wil jou met ’n geskenk seën.” Wie sal ooit ’n uitnodiging van die hand wys om die Koning te ontmoet, veral Een wat belowe om ons met genade en barmhartigheid te ontvang? 


Tog gebeur dit so dikwels dat ons sy uitnodiging verwerp. Ons weet God wil ons graag ontmoet wanneer ons ons Bybel lees en bid, maar ons is te besig. Ons sosiale media trek ons aandag af. Ons kalender is vol. Daar is ’n goeie program op TV en ons is eenvoudig te moeg om iets anders te doen. Ons werk te hard om onsself die luukse te gun om by God te rus, en die ironie is dat so baie van ons Hom wegstoot omdat ons besig is om vir Hom te werk en die dienswerk te doen waartoe Hy ons geroep het. 


Die uitnodiging staan steeds. Jy kan met vrymoedigheid enige tyd tot reg voor God se troon loop. Jy hoef jouself nie gereed te maak daarvoor nie; Hy wil jou hê net soos jy is. Jy hoef nie eers sekere rituele te volg nie; Hy bied vir jou genade en barmhartigheid aan. God wil na jou luister, met jou praat en in jou hart werk. Dit is so ’n groot aanbod; genade om jou te help wanneer jy dit die nodigste het. Wil jy nie op hierdie uitnodiging van die Koning van die konings reageer nie? 


Deur Christus en ons geloof in Hom, kan ons met vertroue vrymoedig na God toe gaan. (Efesiërs 3:12) 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

In die skadu van die Allerhoogste

Die Allerhoogste bied vir jou sy genade en barmhartigheid aan. Hy wil na jou luister, met jou praat en in jou hart werk. Dit is so ’n groot aanbod: Genade om jou te help wanneer jy dit die nodigste het. Jy kan vandag op ...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid