Leesplan inligting

Geanker in genadeVoorbeeld

Geanker in genade

DAG 1 VAN 12

’n Nuwe begin


Die lewe bestaan uit ’n reeks nuwe beginne. Dit is jou gesindheid teenoor ’n nuwe begin wat die verskil maak. Elke dag is propvol nuwe geleenthede om God beter te leer ken en om oor te begin met jou voorneme van hoe jy reageer op omstandighede en mense. God se genade is elke dag nuut, maak nie saak wat jy gedoen het of hoe jy gister teenoor Hom opgetree het nie. Omdat God jou vergewe, hoef jy nie swaar te dra aan gister se mislukkings of spyt nie. 


Bewys jy elke dag genade aan die mense vir wie jy lief is, net soos God sy genade opnuut aan jou betoon? 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Geanker in genade

God bewys nie net genade aan jou elke keer as jy sondig nie, maar Hy vergewe jou en bewys elke dag, 365 dae ’n jaar, opnuut genade aan jou. Ontvang dit met ’n dankbare hart en wees daarom gereed om meer genade aan ander...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid