Leesplan inligting

Herstel: Luukse LeesplanVoorbeeld

Restoration: Deluxe Bible Plan

DAG 17 VAN 18

Dag 17: Jesus Wees Daar vir My




“Ek was besig


Probeer 'n punt bewys


En was nie aan die wen nie


Ek het punte verloor


Nou is ek besig


Probeer om mense lief te hê


Al wil hulle my stem wegneem


Ek is lief vir myself 


Moenie dat dit jou pla nie


Al daardie bitterheid sal jou insluk


My vervolg


Noem my vals en dom


Maar as Jesus my liefhet, moet jy dit ook volg.”



Hierdie lied is om in die vryheid van Christus te spog. Ek vier die vryheid van ego en kritiek wat ek van ander waarneem. Oor die loop van die afgelope paar jaar het ek weer selfvertroue gekry om te doen waarvoor God my geroep het, maar hierdie vryheid kom slegs deur Jesus se verlossing. In hierdie bondige studie, wil ek 'n bietjie meer deel oor hierdie begrip en moontlik sal jy ook 'n bietjie plesier uit my opname kry, want ek het beslis pret gehad om dit te maak. Kom ons val weg.



Staan 'n oomblik af om jou te verbeel jy sit by 'n tafel en daar is 'n leë stoel oorkant jou. Verbeel jou nou die laaste persoon wat jou 'n kompliment gegee het, kom binne, gaan sit in die stoel en vertel jou wie jy is. As jy aanvaar wat die persoon sê, voel jy waarskynlik goed! Stel jou dan voor die persoon gaan weg. Daarna kom die laaste persoon in wat 'n negatiewe aanmerking oor jou gemaak het, gaan sit in die stoel om jou oor jouself te vertel. As jy aanvaar wat die persoon sê, sal jy waarskynlik baie sleg voel! 



So laf as hierdie prentjie in jou gedagtes kan wees, is dit dikwels hoe ons ons lewens lei — ons los 'n stoel in ons denke vir die menings van ander om te bepaal wie ons is. As ons hieroor eerlik wil wees, kan ons ons oë oopmaak om die skade te sien wat hierdie denkproses in ons lewens aanrig. Afhangende van met hoeveel mense ons op 'n gegewe dag kontak het, sal hierdie stoeledans van identiteit baie uitputtend raak om mee tred te hou. As niks daaraan gedoen word nie, sal hierdie gedragspatroon kan ontwikkel in 'n lewe van diepe onsekerheid.  Die probleem is: ons maak hierdie stoel wat vir 'n volmaakte en liefdevolle God bespreek is, beskikbaar vir onvolmaakte mense wat geen reg het ons om identiteit te bepaal nie.



In plaas daarvan om mense toe te laat om in hierdie stoel in my verbeelding te kom sit, het ek geleer om te bid en Jesus te vra om hierdie stoel in te neem en my met sy woorde van bekragtiging, regstelling en identiteit te bedien. Met hierdie lied wil ek jou uitnooi om dieselfde te doen. Ons het alles in Christus wat ons nodig het en as ons Hom toelaat om hierdie feit ons eie te maak, kan ons ophou om ander in ons lewens in te nooi en ons met hulle beperkte sieninge te definieer. As ons hierdie stoel slegs vir Christus beskikbaar hou, laat ons sy woorde van waarheid en liefde toe om ons te lei in die lewensdoel wat Hy vir ons ontwerp het. Wanneer ons dus vrykom van ons eie skewe siening oor onsself en die siening van ander, vind ons 'n lewe wat die moeite werd is om te leef. Laastens, ons leer terselfdertyd om dit te vermy om self in die stoel van oordeel in ander se lewens te gaan sit.



Gebed: Staan 'n paar minute af en vra God om jou oë oop te maak vir die waarheid wat Hy oor jou sê. Vra die Here om enige leuens oor jou selfbeeld waaraan jy dalk vashou, aan jou te openbaar. Staan ook tyd af om vir God te vra om jou te wys wie in die stoel van oordeel in jou lewe sit en bid vir die krag om diegene uit jou verbeelding te verwyder. Laastens, bid en vra vir Jesus om die troon van jou lewe in te neem en die finale gesag te wees wanneer dit by die saak van jou identiteit kom. Bid hierdie gebed en laat Jesus toe om die afrit van die tuimeltrein van emosie te wees wat spruit uit 'n onsekere identiteit.


Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Restoration: Deluxe Bible Plan

Neem 'n treetjie in Lecrae se persoonlike nadenke oor Herstel vir insigte om dieper intimiteit met God te ontwikkel te midde van pyn en gebrokenheid. Dit bevat nou nuwe inhoud!

Ons bedank graag vir Reach Records wat hierdie leesplan voorsien het. Vir verdere inligting, besoek asseblief: https://lecrae.com/bio

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid