Leesplan inligting

Ervaar God se almag en teenwoordigheidVoorbeeld

Ervaar God se almag en teenwoordigheid

DAG 10 VAN 10

Wanneer jy aan die kortste end trek


Asaf het gedink hy trek aan die kortste end. Die onregverdigheid het aan hom geknaag. Toe sy ervaring en God se waarheid nie by mekaar pas nie, het hierdie man van God sy hart voor God uitgestort. 


Die gevoelens wat Asaf verwoord het, is vir ons ’n voorbeeld. Watter onreg jy ook al beleef, lees hierdie woorde met daardie grief in gedagte. As jy sukkel met die lewe wat onregverdig is, volg sy voorbeeld. 


(1) Stort jou hart uit voor God; 


(2) oorweeg jou keuses versigtig; 


(3) beskou die groter prentjie; 


(4) en herbevestig jou verhouding met Hom. 


’n Verandering in perspektief kan die onreg wat jy voel op ’n kragtige manier laat verdwyn.


Daardie beginsel is presies wat aanleiding gegee het tot die draaipunt in Asaf se psalm (vers 16-17). Wanneer ons in God se teenwoordigheid kom, sy “skuiling” ingaan, en in die lig van sy waarheid staan, begin ons dinge uit ’n ewigheidsperspektief sien. Asaf was op die punt om moed op te gee – hy het “byna koers verloor” (vers 2) – omdat hy net sy eie omstandighede op daardie oomblik kon sien. Hy het gedink dit baat hom niks om sy hart rein te hou en God te volg nie. Hy moes God se teenwoordigheid ervaar om anders te kon sien. Wanneer ons op ons “kortste end” fokus, word ons kortsigtig. Wanneer ons terugstaan en God toelaat om vir ons die groter prentjie te wys, besef ons hoe kort ons swaarkry is in vergelyking met die ewigheid. Wanneer ons onsself aan die einde plaas en terugkyk, “[weeg] die lyding wat ons nou moet verduur nie [op] teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie” (Romeine 8:18).


God sal jou kortste end gebruik om jou karakter te bou, jou lewe te verander, vir jou ’n getuienis te gee en ’n groter doel te laat vervul. Maar jy moet vasbyt en Hom vertrou om alles ten goede te laat meewerk. Die enigste manier hoe jy die geloof kan hê om te verduur wat nie op die oomblik sin maak nie, is om jou fokus te verskuif van jou huidige omstandighede na die groter prentjie. God belowe alles sal op die ou end vir die beste wees (sien Romeine 8:28). Op die ou end, sal jy sien, jou kortste end was eintlik die beste deel.  

Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Ervaar God se almag en teenwoordigheid

Waar is God wanneer jy seerkry? Hoe kan jy Hom ervaar wanneer jy in die moeilikheid is? Hoe verander Hy verwarring of vrees in helderheid en vrede? Baie van die psalms begin met 'n krisis en eindig met ’n getuienis van G...

More

Ons wil graag Living on the Edge bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://livingontheedge.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid