Leesplan inligting

Ervaar God se almag en teenwoordigheidVoorbeeld

Ervaar God se almag en teenwoordigheid

DAG 1 VAN 10

In tye van krisis


Om die vuilgoed buitentoe te vat, is altyd die jongste kind in die gesin se werk. Dit is die mees minderwaardige taak. Maar in antieke Hebreeuse gesinne was die laagste werk om die skape op te pas. ’n Skaapwagter moes by die skape bly, vir hulle sorg en hulle beskerm. Dawid, Isai se jongste seun, wat die koning van Israel sou word en Psalm 23 geskryf het, het eerstehandse kennis gehad van skape oppas. 


Dawid het geweet skape is van die domste diere wat God gemaak het. Hulle skrik maklik, is weerloos en kan nie sommer op hul eie kos en water kry nie. Hulle het ’n herder nodig om ’n stroom op te dam, sodat die klank van die water hulle nie bangmaak nie, om hulle na nuwe weivelde te lei as hulle die gras tot op die wortel afgevreet het, en om hulle te beskerm teen roofdiere. Sonder ’n herder is gevaar plus skape gelyk aan dood. Met ’n herder kan skape groen weivelde geniet, van stil waters drink en in veiligheid gedy. 


Dit is die prentjie wat Dawid skilder van die verhouding tussen God en sy volk in Psalm 23. Vir die eerste lesers was dié vergelyking waarskynlik ietwat vreemd – God met die beskeie werk om na van die skepping se nederigste diere om te sien. Maar ’n herder wat na sy skape omsien, is ’n teer, intieme beeld van medelye en sorg. Dit is die soort verhouding wat God met ons wil hê, en dit is presies die verhouding wat ons nodig het, veral in krisistye. 


Let op dat Dawid nie sê “Die Here is die herder” nie. Hy sê: “Die Here is my herder”. Hierdie God is persoonlik – nie net die allerhoogste, heilige God van majesteit nie, maar die teenwoordige, beskermende God wat betrokke is by die kleinste besonderhede van ons lewe. Hy sorg vir, verstaan, voed en is lief vir sy skape. Hy wil hê ons moet vir alles van Hom afhanklik wees. 


Jesus het Homself in hierdie rol van “goeie Herder” geplaas (sien Johannes 10:11), want Hy is daartoe verbind om in elkeen van ons fisieke, emosionele en geestelike behoeftes te voorsien. Hy gee meer om vir ons as wat ons kan dink. Hy ken elke pyn, probleem en vrees, en Hy wil ons na veilige weivelde lei. Selfs in ons ergste krisisse kan ons Hom met ons lewe vertrou. 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Ervaar God se almag en teenwoordigheid

Waar is God wanneer jy seerkry? Hoe kan jy Hom ervaar wanneer jy in die moeilikheid is? Hoe verander Hy verwarring of vrees in helderheid en vrede? Baie van die psalms begin met 'n krisis en eindig met ’n getuienis van G...

More

Ons wil graag Living on the Edge bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://livingontheedge.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid